ARTIKELS

Vyftien wenke om geld op water en elektrisiteit te bespaar

Vyftien wenke om geld op water en elektrisiteit te bespaar

Deur Anja van den Berg Water is ʼn kosbare kommoditeit in Suid-Afrika en is, saam met elektrisiteit, ʼn groot uitgawe vir baie huiseienaars. Om kragslim en waterslim te wees, beteken dat jy moet dink oor elke milliliter wat jy gebruik ─ elke lek, elke lopende kraan, elke bak of emmer water wat jy weggooi ─ sowel as elke keer as  … Lees meer

Koop of maak kos op ʼn begroting

Koop of maak kos op ʼn begroting

Deur Nico Strydom Stygende lewenskoste kan jou beursie knou en kos maak maandeliks ʼn groot deel van ʼn gesin se begroting uit. Met ʼn paar slim idees en ʼn bietjie verbeelding kan jy egter gesonde en vullende disse vir jou gesin voorsit en binne jou begroting bly. Hier is wenke om jou kostrollie goedkoper te maak: Beplan vooruit. Stel ʼn  … Lees meer

Hoeveel moet jy op ontspanning en vermaak bestee?

Hoeveel moet jy op ontspanning en vermaak bestee?

Deur Anja van den Berg Data in Statistiek Suid-Afrika se oorsig oor lewensomstandighede (Living Conditions Survey   – LCS) verskaf ʼn uiteensetting van hoe die gemiddelde Suid-Afrikaanse huishouding hulle geld oor ʼn tydperk van een jaar bestee. Die LCS het bevind dat die gemiddelde Suid-Afrikaanse huishouding in 2015 bestaan het uit drie tot vier persone, met ʼn gemiddelde jaarlikse inkomste en  … Lees meer

Wanneer is die regte tyd om ʼn huis te koop?

Wanneer is die regte tyd om ʼn huis te koop?

Deur Nico Strydom Die algemeenste vraag onder huiskopers is wanneer om te koop. Hoewel daar baie faktore is wat in ag geneem moet word, is daar een kort antwoord: “Wanneer jy dit kan bekostig,” sê Bruce Swain, uitvoerende hoof van die Leapfrog Property Group. “Wanneer kopers ernstig is om huis te koop, begin hulle op die internet rondsoek na huise  … Lees meer

Hoe om te bepaal of jou skuldvlakke gevaarlik hoog is

Hoe om te bepaal of jou skuldvlakke gevaarlik hoog is

Deur Anja van den Berg Hoeveel skuld is te veel? Hoewel daar geen besliste maatstaf is nie, is daar maniere om vas te stel of jy meer afgebyt het as wat jy kan kou. Dit kan wees dat jy te veel skuld het, maar dit kan ook wees dat jy nie jou beskikbare inkomste reg spandeer nie, verduidelik skuldberader Renee  … Lees meer

AFTREEBEPLANNING

Onlangse navorsing toon dat slegs 4 uit elke 100 professionele persone eendag onafhanklik sal kan aftree. Is jou huidige aftree-annuïteit voldoende? Hoe kan jy bykomende voorsiening vir jou goue jare maak? Solidariteit Finansiële Dienste bied uitstekende advies wat jou sal help om voor- siening te maak vir jou en jou geliefdes se unieke behoeftes. Klik hier om meer uit te vind.

LEWENSVERSEKERING: INKOMSTEBESKERMING,
ONGESKIKTHEIDSDEKKING

Niemand wil graag daaraan dink nie, maar die realiteit is dat enige een van ons enige dag, minuut of sekonde deur die noodlot getref kan word. Daarom moet jy, voordat jy enigsins daaraan kan dink om te spaar of te belê, sorg dat jou huidige inkomste beskerm is. Klik hier om meer te lees.

KORTTERMYNVERSEKERING

Wat betaal jy maandeliks aan motor- en huisinhoudsverskering? Is jy tevrede met jou huidige diensverskaffer se diens en voordele? Is jy onseker of jy voldoende dekking sal geniet sou een van jou waardevolle besittings gesteel of beskadig word? Laat ons jou huidige versekeringsprofiel hersien en spaar só hope tyd, geld en moeite!

BELEGGINGSADVIES EN HERSIENING VAN U BESTAANDE PORTEFEULJE

Wonder jy of jy maar daardie huisie by die see moet koop, en of jy eerder ’n ekstra paar Rand moet belê? Indien wel, waar en hoe moet jy jou geld belê? Solidariteit Finansiële Dienste bied lede uitstekende, professionele en deeglik nagevorste beleggingsadvies.

Die finansiële welsyn van ons lede is vir Solidariteit baie belangrik. Om produktief te kan werk en gelukkig te kan leef, is finansiële welsyn uiters belangrik. Daarom het Solidariteit besluit om ’n splinternuwe ledevoordeel te ontwikkel saam met ons vennote, Serfontein Viljoen en Swart Prokureurs en DebtGrip.

Die span van toegewyde personeel het jarelange ervaring van die administrasie van skuld en skuldberading. Jou skuld word bestuur deur ’n geregistreerde skuldberader by die Nasionale Kredietreguleerder (NKR).


GRATIS VIR SOLIDARITEIT-LEDE

Een van die vele dienste wat Solidariteit bied, is die opstel van ʼn testament (as jy sou belangstel in hierdie diens), sowel as die hantering van jou boedel by afsterwe.


E-pos: fineks@wvs.co.za
Faks: 086 639 1999
Skakel ons vir meer inligting: 012 362 1552.
Laai versoekvorm af…

MOTOR FINANSIERING

WAT SAL ‘N NUWE MOTOR MY KOS?

Al is dit opwindend om ‘n motor te koop of verkoop, is dit vir party mense ‘n geweldig traumatiese ervaring. Vrae soos watter model mens moet kies, hoe die finansiering werk en die papierwerk verbonde aan ‘n transaksie, maak dit vir baie mense moeilik. Solidariteit Finansiële Dienste gaan poog om met die inligting in hierdie afdeling die las van jou skouers af te haal. Klik hier om te bereken wat die nuwe motor u sal kos.

DAAGLIKSE AANWYSERS

Registreer / Register

Maak toe / Close