Ou R200-note word uit sirkulasie gehaal

Maandag, Desember 8th, 2014

Geskryf deur: Paul Joubert

 

Kliek op die foto om dit te vergroot

Kliek op die foto om dit te vergroot

Daar word vir ʼn geruime tyd reeds berig oor vervalste R200-note wat in sirkulasie is. Volgens die Suid-Afrikaanse Reserwebank (SARB) is hierdie vervalste R200-note almal van die ou reeks wat nie die gevorderde sekuriteitskenmerke van die nuwe note, wat in 2005 bekendgestel is, het nie.

Wat egter nog nie wyd oor berig is nie, is dat die SARB verlede week besluit het om ou R200-note uit sirkulasie te haal. Almal moet enige ou R200-note wat in hul besit is by gewone handelsbanktakke gaan omruil vir nuwe note. Die afsnydatum vir dié omruil van note by handelsbanke is die laaste dag van volgende maand (31 Mei 2010). Ná hierdie datum sal die ou R200-note slegs fisies by een van die SARB se takke (slegs in die groot stede) omgeruil kan word vir nuwe geld – handelsbanke (en waarskynlik winkels ook) sal dit nie meer aanvaar as wettige betaalmiddel nie. Let daarop dat die reëling slegs betrekking het op R200-note – geen ander sigwaardes nie.

Indien ʼn kitsbank dus binne die volgende paar weke ʼn ou R200-noot uitspoeg, neem dit voor 31 Mei na ʼn banktak en ruil dit vir ʼn nuwe noot. Indien jy dalk met ʼn trommel vol R200-note sit (ʼn benydenswaardige stand van sake!), neem die ou note na ʼn handelsbanktak en ruil hulle om. (Beskou die bygaande foto’s om die verskille tussen die note te sien – die ou noot is aan die bokant.) Dit sal ietwat ongerieflik wees om al die pad na ʼn SARB-tak te moet gaan om jou geld te gaan omruil indien jy eers in Junie besef dat jy nog ʼn paar ou R200-note in jou beursie het!

Persoonlik sou ek nie verbaas wees indien dieselfde proses later met die ander ou note met laer sigwaardes gevolg word nie. Indien die vervalsers nie meer R200-note kan vervals nie, sal hulle tog maar hul winsgrens halveer en R100-note begin druk. Wees dus maar bedag op note wat nie heeltemal soos die ware Jakob lyk nie! Jy het die reg om aan te dring op ander note indien jy vermoed dat die kleingeld wat jy gekry het dalk vervals kan wees.

Ander Artikels

Skop vas en moenie onnodig koop nie
Anja van den Berg   Alles rakende jou supermark is bedoel om jou geld te laat bestee wat jy nie beplan het om te bestee nie, en selfs geld wat jy nie regtig hoef te bestee nie. Hoewel die meeste mense aan produkte dink in terme van die funksionele eienskappe daarvan – die instrumentele waarde […]
Agterbakse supermarktaktieke om jou onnodige goed te laat koop
Anja van den Berg   Het jy al ooit aanvaar dat iets ʼn winskoop is net omdat die prys in rooi geskryf is? Of besluit om daardie duur handsak of aktetas te koop omdat jy daarvan oortuig was dat jy dit verdien? Of ʼn hand vol ongesonde snoepgoed van die impulsrak gegryp terwyl jy toustaan […]
OTM-kaartruilslenters neem toe: Let op hiervoor!
Die Suid-Afrikaanse Bankrisiko-inligtingsentrum (Sabric) waarsku die publiek om op die uitkyk te wees te midde van die hoë voorkoms van OTM-kaartbedrog in die land. Die groep het gewaarsku dat daar weer ʼn “kaartruil”-skelmstreek in Suid-Afrika voorkom en ʼn uiteensetting van die betrokke skelms se modus operandi gegee om die publiek teen hul metodes te waarsku. […]
1 2 3 152