Nuttige inligting aangaande kontrakte

Dinsdag, Februarie 2nd, 2016

Sanette de Jager

 

 

Kontrakte kom voor in verskeie vorme. Dit kan skriftelik of mondelings aangegaan word en kan selfs in die partye se geheue wees. ʼn Kontrak hoef nie skriftelik of onderteken te wees om geldig te wees nie, behalwe in die geval van vaste eiendom, waar die kontrak skriftelik moet wees. ’n Kontrak kom tot stand wanneer een party ’n aanbod maak en die ander party die aanbod aanvaar.

Om ’n kontrak aan te gaan moet ’n persoon beskik oor regsbevoegdheid, maar daar is sekere uitsonderings. Minderjariges onder sewe jaar oud kan nie ’n bindende kontrak aangaan nie. ’n Minderjarige ouer as sewe jaar kan ’n kontrak aangaan indien hul ouer of wettige voog hul bystaan of toestemming verleen daartoe en die minderjarige later, wanneer hy of sy 18 word, tot die kontrak toestem.

Die meeste skriftelike kontrakte bepaal dat veranderinge aan die kontrak ook op skrif en onderteken moet wees, anders is die veranderinge nie bindend nie.

Die meeste kontrakte beskik ook oor ’n ‘Voetstoots’-klousule. Voetstoots beteken jy koop die goedere soos dit voorkom.  Die koper koop dus die goedere tesame met gebreke wat in die goedere bestaan het toe die partye die kontrak aangegaan het en wat nie “sigbaar” was tydens ’n “redelike” inspeksie nie. Hierdie klousule is egter onder die Nasionale Kredietwet nie geldig in ’n kredietooreenkoms nie. Die verkoper het egter die verpligting om al die gebreke aan die item waarvan hy kennis dra te openbaar.

Elke party is in die algemeen onderworpe aan dit wat hy/sy onderteken. Die partye moet dus seker maak dat hul die kontrak behoorlik deurlees en hulp verkry indien daar iets is wat onduidelik voorkom.

Die koop van enige goedere in ’n winkel is ook ’n kontrak wat aangegaan word. Wanneer die item aan die kassier getoon word, verteenwoordig dit ’n aanbod, nie ’n aanvaarding nie.  Die prysetiket wat die winkeleienaar vertoon, is ’n uitnodiging tot ’n aanbod, nie ’n aanbod nie, wat ’n party kan aanvaar. Die winkeleienaar is daarop geregtig om vir die klant te sê die prysetiket is verkeerd en die paar skoene kos eintlik R3 000, nie R300 nie, soos die etiket verkeerdelik aangedui het.

Ander Artikels

Art. 11(a) van die Wet op Inkomstebelasting en die aftrekbaarheid van renteonkoste op huislenings
Louis Botha     Op 13 Desember 2016 het die belastinghof in Kaapstad uitspraak gelewer in X v The Commissioner for the South African Revenue Service (saak no. 13791 & 13792, nog nie gerapporteer nie). Die saak het gehandel oor ʼn interessante vraagstuk, naamlik of uitgawes wat aan ʼn huislening aangegaan word om ʼn rente-inkomste […]
Huurverbeteringe: Mag ek vat of moet ek los?
Vraag: “Ons huur nou al vir ʼn paar jaar ʼn huis. Ek en my vrou het heelwat verbeterings aan die huis en tuin aangebring. Ek word nou verplaas en moet verhuis, maar wonder nou wat word van al die verbeterings aan die huurperseel. Mag ons dit saamneem of moet die verhuurder ons vergoed daarvoor?”   […]
Die beste wenke om jou huurdeposito terug te kry
Huurders in Suid-Afrika betaal tans enigiets tussen een en drie maande se huur as skadedeposito ─ maar is dikwels onseker van wat om te doen as hul huurkontrak verval. “Hoewel deposito’s dikwels gebruik word om huurwanbetaling of onbetaalde utiliteitsrekenings te dek, is hul hoofdoel om verhuurders teen skade aan die eiendom te dek,” sê Andrew […]
1 2 3 170