Is nie-betaling van uitstaande e-tolgelde ʼn kriminele oortreding?

Vrydag, Junie 24th, 2016

Ingevolge die Suid-Afrikaanse Nasionale Padagentskap Beperk en die Wet op Nasionale Paaie onder die E-Padregulasies in besonder, stel regulasie 6(6) dit as volg:

“Die Agentskap mag kriminele en siviele proses volg om alle uitstaande tolgelde in te vorder as, ten spyte daarvan dat ʼn faktuur gestuur is, die gebruiker voortgaan om te versuim om sodanige uitstaande tolgelde te betaal binne die tydperk gestipuleer op die faktuur of enigsins.”

Uit bostaande kan gesien word dat die Agentskap onder die magte van die Wet ʼn keuse het oor hoe om voort te gaan, dit wil sê, óf siviel óf via kriminele vervolging. So, om die vraag te beantwoord, nie-betaling van uitstaande tolgelde kan ʼn kriminele oortreding wees.

 

Bron: AA

 

  • Rob Hutchinson

    SANRAL have made it clear they will not be pursuing outstanding e-tolls as a criminal offense. The summons they have issued are civil summons.

Ander Artikels

Wie betaal vir die vervanging van ʼn meenthuis-uitlaatpyp?
Vraag: Gee asseblief raad oor wie verantwoordelik sou wees vir die vervanging van ʼn uitlaatpyp in die kombuis van ʼn eenheid as dit deurgeroes het en aan die buitekant van die eenheid afgebreek het.   Antwoord: Eienaars is verantwoordelik vir die herstel en onderhoud van hulle eenhede en die beheerliggaam het dieselfde verantwoordelikheid met betrekking […]
Tipes kontantbeleggings
VASTE DEPOSITOREKENING ʼn Vaste depositorekening is ʼn tipe spaarrekening waar jy jou kontant vir ʼn spesifieke tydperk deponeer in ruil vir ʼn vaste rentekoers, wat gewoonlik hoër is as een wat jy uit ʼn gewone bankrekening sou ontvang. Tipies vereis vaste depositorekenings dat fondse in die rekening gelaat word tot die vervaldatum, met moontlike boetes […]
Voertuigfinansiering verduidelik
Tensy jy ʼn rekenmeester is, is voertuigfinansiering gekompliseerd. Weet jy hoe finansieringsbepalings werk? Is dit ʼn goeie idee om ʼn residu te neem?  Wat van die rentekoers – moet jy dit vas of gekoppel neem? Ons het met WesBank gesels vir hierdie beginnersgids oor die finansiering van die motorvoertuig van jou drome! Bereken hoeveel jy […]
1 2 3 161