‘n Paar wenke vir goedkoop geskenke

Dinsdag, Desember 13th, 2016

Ronéll van Rooyen

 

Jesus se geboorte is die fokus van Kersfees vir Christene oor die wêreld heen en mense ruil geskenke uit om saam bly te wees dat Jesus as geskenk gegee is. Geskenke hoef nie duur te wees nie.

 

Hier is ‘n paar goedkoop idees:

 

* Neem ‘n dier aan by die dieretuin.

* Koop kos vir ‘n behoeftige gesin.

* Maak kunsgoedjies.

* Gebruik die geld om vir ver familie te gaan kuier.

* Gesinne kan bruikbare ware saamsit en daaruit geskenke kies.

* Plante/kruie in selfgeverfde bottels.

* Handgemaakte foto-collage/resepteboek.

* Maak CD’s van liedjies of lees ‘n boek voor.

* Maak ‘n fotokalender.

* Sing ‘n lied; skryf ‘n gedig.

* Maak kussings van ou klere en vul met kruie soos laventel.

* Video-onderhoud met ouma/oupa oor hul kinderdae.

* Maak ‘n strokiesprentboek van jou en familie se pretdae.

 

 

KERSFEESTRADISIES SE OORSPRONG

 

* In antieke Romeinse tye is 25 Desember gevier as die geboortedag van die songod Sol Invictus en was ook die laaste dag van die fees ter ere van die god Saturnus. Dit word gereken dat Jesus in Junie gebore is, maar die datum is deur die vroeë Christelike kerk verander na 25 Desember om die heidense konnotasie teen te werk.

* Die Kersboom het sy oorsprong in die tradisie van antieke volkere om met die koms van die lente bome en boomtakke te versier ter ere van hulle verskillende gode.

* Sinterklaas, of Kersvader, was oorspronklik die biskop St. Nicholaas wat geskenke aan kinders uitgedeel het.

* In Italië is geglo St. Nicholaas se ouma sit vir kinders geskenke in kouse.

* Die Germaanse god Wodan het met sy wit baard op ‘n wit perd deur die hemele gery. Amerika het die takbokke en slee ingebring.

* Die Nederlanders het die benaming St. Nicholaas na Sinterklaas verander.

* In 1931 het die Sweedse kunstenaar, Haddon Sunblom, Kersvader in die rooi uitrusting getooi waarin ons hom vandag nog ken, vir ʼn Coca-Cola-advertensie.

 

ANDER FEESTE

HANUKKAH

 

Hanukkah (Die Fees van Ligte) word elke jaar deur die Joodse volk gevier. In 165 v.C. het die Makkabeërs die Griekse/Siriese leër na agt dae verslaan en die tempel in Jerusalem bevry en heringewy. Dit word in November/Desember herdenk deur elke aand ‘n kers in ʼn spesiale minora aan te steek totdat agt kerse brand. Christene kan dit ook vier met ‘n goddelike boodskap vir elke aand, nl.:

 

  1. God het gesê: “Laat daar lig wees.”
  2. Die Woord is ‘n lig vir ons pad.
  3. Jesus het gekom as die lig.
  4. Met bekering sien ons die lig.
  5. Ons wandel in die lig.
  6. Ons skyn ons lig in die wêreld.
  7. Die Heilige Gees is die olie wat ons verlig.
  8. God se heerlikheid sal helderder skyn as die son.

 

Bronne

 

Michael, S. 2014. “Here’s why Christians should celebrate Hanukkah“.

 

Millard, C. 1999. “A Children’s Companion Guide to America’s History“.

 

Keller, W. 1955. “The Bible as history“.

 

Hurlbut, J.L. 1967. “The story of the Christian church“.

 

 

Lees ook:

 

http://www.hope-of-israel.org/cmas1.htm

 

http://www.simpletoremember.com/vitals/Christmas_TheRealStory.htm

 

http://www.altogetherchristmas.com/traditions/reindeer.html

 

http://www.buynothingchristmas.org/alternatives/

Ander Artikels

Afdwing van verbruikersregte deur die howe: Gebruik eers ander remedies
Justine Krige   Artikel 69 van die Wet op Verbruikersbeskerming (Wet 68 van 2008 [CPA]) sit ʼn verskeidenheid statutêre remedies uiteen vir die afdwing van verbruikersregte ingevolge die CPA. Dit sluit in die indien van ʼn klagte by die Nasionale Verbruikerskommissie (Kommissie), die verwysing van ʼn dispuut na die Verbruikerstribunaal (Tribunaal), of om ʼn bedryfsombudsman […]
Wie mag waar parkeer in ʼn meenthuiskompleks?
Vraag: “In die deeltitelskema waar ek woon is daar ʼn konstante gebaklei en gestry oor wie waar mag parkeer en wie verantwoordelik is vir die instandhouding van parkeerplekke. My vraag is: wie besluit watter dele van die skema vir parkeerplekke toegeken word, wie dit mag gebruik en wie dit moet in stand hou?” Antwoord: Wat […]
Moenie vanjaar val vir hierdie belastingslenters nie
Lede van die publiek ontvang dikwels ewekansig vals e-posse wat nagemaak is om te lyk asof hulle deur die SAID gestuur is, maar wat in der waarheid vals e-posse is wat daarop gemik is om niksvermoedende belastingbetalers uit te lok om persoonlike inligting, soos bankrekeningbesonderhede, te onthul. Voorbeelde sluit in e-posse wat skyn afkomstig te […]
1 2 3 150