’n Paar oneerlike geldgewoontes

Woensdag, Oktober 5th, 2016

As dit by geld kom, moet jy goeie finansiële gewoontes aanleer en die slegtes laat vaar. Met verloop van tyd laat slegte geldgewoontes jou beland in ʼn spiraal van rentedraende skuld wat die meeste van jou nabelastinginkomste verorber en jou snags laat wakker lê. Sommige geldgewoontes is egter bedrieglik en kan baie erger gevolge as net slegte skuld hê.

 

  1. Inkopies met iemand anders se kredietkaart

Selfs al het jou gade of ouer jou toestemming gegee om sy of haar kredietkaart te gebruik, pleeg jy kredietkaartbedrog as jy hulle privaat pinkode insleutel of hul naam teken. Dit lyk dalk onbenullig, veral as die kredietkaarthouer toestemming gegee het, maar deur dit toe te laat, oortree die kredietkaarthouer die bepalings van die ooreenkoms. Beskerm jouself en die kredietkaarthouer en moenie die kaart gebruik om goed te koop nie.

 

  1. Lieg op aansoeke om krediet

As jy nie 100% eerlik is oor jou uitgawes en inkomste wanneer jy ʼn aansoek om krediet invul nie ─ bv. vir kredietkaarte, klererekenings, lenings ─ pleeg jy bedrog. Nie alleen is dit onwettig nie, maar om toegang te hê tot krediet wat jy nie kan bekostig nie is ook een van die maklikste maniere om ingesluk te raak. Beskerm jou en wees pynlik eerlik op leningaansoeke.

 

  1. Om nie 100% van jou inkomste aan SARS te verklaar nie

Dit is algemene kennis dat dit belastingbedrog is om oneerlik oor jou inkomste te wees. En tog, volgens Business Day Live is 256 individue en/of entiteite in die 2014/2015- finansiële jaar alleen suksesvol vir bedrog vervolg. Belastingbedrog is strafbaar met onmoontlike boetes, gevangenisstraf, korrektiewe toesig of gemeenskapsdiens. Wees veilig en verklaar alles!

As ʼn gedeelte van jou inkomste nie outomaties vir belasting afgetrek word nie, sal jy die gewoonte moet aanleer om elke maand geld daarvoor te spaar. As jy dit nie doen nie, kan die bedrag wat jy aan die einde van die finansiële jaar moet inbetaal, maak dat jy sinnelose skuld aangaan.

Pas jou en jou finansies op en leer eerlike geldgewoontes aan.

 

Bron: Debt Rescue

 

Ander Artikels

Skop vas en moenie onnodig koop nie
Anja van den Berg   Alles rakende jou supermark is bedoel om jou geld te laat bestee wat jy nie beplan het om te bestee nie, en selfs geld wat jy nie regtig hoef te bestee nie. Hoewel die meeste mense aan produkte dink in terme van die funksionele eienskappe daarvan – die instrumentele waarde […]
Agterbakse supermarktaktieke om jou onnodige goed te laat koop
Anja van den Berg   Het jy al ooit aanvaar dat iets ʼn winskoop is net omdat die prys in rooi geskryf is? Of besluit om daardie duur handsak of aktetas te koop omdat jy daarvan oortuig was dat jy dit verdien? Of ʼn hand vol ongesonde snoepgoed van die impulsrak gegryp terwyl jy toustaan […]
OTM-kaartruilslenters neem toe: Let op hiervoor!
Die Suid-Afrikaanse Bankrisiko-inligtingsentrum (Sabric) waarsku die publiek om op die uitkyk te wees te midde van die hoë voorkoms van OTM-kaartbedrog in die land. Die groep het gewaarsku dat daar weer ʼn “kaartruil”-skelmstreek in Suid-Afrika voorkom en ʼn uiteensetting van die betrokke skelms se modus operandi gegee om die publiek teen hul metodes te waarsku. […]
1 2 3 152