Die eenvoudigste manier om jou teen hierdie risiko te beskerm, is om ongeskiktheidsdekking deur ’n groot versekeraar uit te neem. Die onderskeie versekeraars se produkte verskil ietwat van mekaar en dit is belangrik om presies te weet waarvoor jy ’n geldige eis sal hê en waarvoor nie. Oorhoofs kry mens enkelbedrag-ongeskiktheidsdekking wat ’n eenmalige bedrag sal uitbetaal as jy ongeskik verklaar word, en ’n maandelikse ongeskiktheidsvoordeel wat vir jou ’n inkomste sal betaal vir die duur van jou ongeskiktheid. Dit is baie belangrik om die fynskrif van hierdie tipe voordele te verstaan en om seker te maak die versekeraar het ’n goeie reputasie met betrekking tot die betaling van eise.
Oops! We could not locate your form.