Motorversekering: Vergelyk die soorte

Vrydag, September 9th, 2016

Om die regte tipe motorversekering te kies mag na ʼn intimiderende proses lyk as jy nie weet hoe om tussen die verskillende tipes te onderskei nie. Gelukkig is dit nogal maklik, aangesien daar oor die algemeen net drie tipes motorversekering is. Kom ons wat hulle is …

 

Omvattende dekking

Soos die woord aandui, voorsien “omvattende” dekking alles-insluitende dekking vir bykans enige vorm van verlies van of skade aan jou motorvoertuig as gevolg van ʼn insident soos brand, vloed, vandalisme, kaping of ʼn ongeluk. Dit voorsien ook dekking vir die verlies van of skade aan ʼn ander party se motorvoertuig wat in dieselfde voorval betrokke was.

 

Derdeparty-, brand- en diefstaldekking

“Derdeparty-, brand- en diefstal”-dekking voorsien slegs gedeeltelik dekking vir skade aan of verlies van jou eie motorvoertuig weens diefstal of kaping en bied dekking vir die ander party se motorvoertuig ween ʼn ongeluk waarin jy betrokke was. Dit bied jou egter nie dekking vir ongelukskade aan jou eie motorvoertuig nie.

 

Slegs derdepartydekking

“Slegs derdeparty” voorsien beperkte dekking vir skade aan of verlies van ʼn ander party se motorvoertuig as gevolg van ʼn ongeluk waarin jy met jou motorvoertuig betrokke was.

 

Die hoofverskille in hierdie drie tipes motorversekering kan dus as volg opgesom word:

Omvattend: Volledige dekking vir verlies van of skade aan jou eie motorvoertuig as gevolg van brand, vloed, kaping of ’n ongeluk, sowel as dekking vir skade aan ʼn ander party se motorvoertuig wat in dieselfde ongeluk as jy betrokke was.

Derdeparty, brand en diefstal: Geen dekking vir ongelukskade aan jou eie motorvoertuig nie, slegs vir die ander party wat in dieselfde ongeluk as jy betrokke was. Gedeeltelike dekking word egter voorsien vir jou eie motorvoertuig vir ander insidente soos brand, diefstal of kaping.

Slegs derdeparty: Beperkte dekking wat nie voorsiening maak vir enige verlies van of skade aan jou eie motorvoertuig as gevolg van ʼn ongeluk waarin jy betrokke was nie.

 

Bron: King Price Versekering

 

Ander Artikels

Wie betaal vir die vervanging van ʼn meenthuis-uitlaatpyp?
Vraag: Gee asseblief raad oor wie verantwoordelik sou wees vir die vervanging van ʼn uitlaatpyp in die kombuis van ʼn eenheid as dit deurgeroes het en aan die buitekant van die eenheid afgebreek het.   Antwoord: Eienaars is verantwoordelik vir die herstel en onderhoud van hulle eenhede en die beheerliggaam het dieselfde verantwoordelikheid met betrekking […]
Tipes kontantbeleggings
VASTE DEPOSITOREKENING ʼn Vaste depositorekening is ʼn tipe spaarrekening waar jy jou kontant vir ʼn spesifieke tydperk deponeer in ruil vir ʼn vaste rentekoers, wat gewoonlik hoër is as een wat jy uit ʼn gewone bankrekening sou ontvang. Tipies vereis vaste depositorekenings dat fondse in die rekening gelaat word tot die vervaldatum, met moontlike boetes […]
Voertuigfinansiering verduidelik
Tensy jy ʼn rekenmeester is, is voertuigfinansiering gekompliseerd. Weet jy hoe finansieringsbepalings werk? Is dit ʼn goeie idee om ʼn residu te neem?  Wat van die rentekoers – moet jy dit vas of gekoppel neem? Ons het met WesBank gesels vir hierdie beginnersgids oor die finansiering van die motorvoertuig van jou drome! Bereken hoeveel jy […]
1 2 3 161