Motorversekering: Let op wat jy sê

Dinsdag, Desember 13th, 2016

Baie van ons dink die eindelose vrae wat ons gevra word wanneer ons om versekering aansoek doen, hou verband met of ons kwalifiseer of nie – dit is wel so – maar hulle het ook ʼn impak op maandelikse premiekostes en die status van ʼn eis.

Die punte hieronder som hierdie veranderlike faktore op. Bring jou polis se inligting op datum as enige van hierdie faktore van jaar tot jaar verander:

 

Jonger bestuurders en mans dra hoër premies

ʼn Geskiedenis van ongelukke, nalatige bestuur of gereelde eise beteken jy sal meer betaal.

 

Waar jy woon en waar jy jou kar na ure berg, maak saak

Stedelike wonings word as hoër risiko beskou as dié in landelike areas. Versekeringsmaatskappye oorweeg ook misdaadsyfers in jou area, en die aantal eise uit daardie area.

 

Fabrikaat – Model – Ouderdom

Sommige modelle is meer geneig gesteel of gekaap te word. Duurder of gemodifiseerde motors lok hoër premies, en hulle kos meer om te herstel of vervang.

 

Kleur en veiligheidseienskappe

Dit word oor die algemeen aanvaar dat donkerder motors minder sigbaar is en dus meer waarskynlik in ʼn ongeluk betrokke sal wees.

 

Verf-afwerking – nie-metaalkleure is makliker om te herstel, met wit wat as die maklikste beskou word. ABS-remme, lugsakke en ander veiligheidseienskappe beteken jy betaal vir minder risiko.

 

Hoe meer teen-diefstal toerusting in jou motor, hoe laer die premie.

 

Afstand afgelê kan ook ʼn verskil maak aan hoeveel jy betaal.

 

Motors wat vir sake- of afleweringsdoeleindes gebruik word, lok gewoonlik ʼn hoër premie as wanneer jou motor vir persoonlike of ontspanningsdoeleindes bestuur word.

 

Bron: FNB

Ander Artikels

Wie betaal vir die vervanging van ʼn meenthuis-uitlaatpyp?
Vraag: Gee asseblief raad oor wie verantwoordelik sou wees vir die vervanging van ʼn uitlaatpyp in die kombuis van ʼn eenheid as dit deurgeroes het en aan die buitekant van die eenheid afgebreek het.   Antwoord: Eienaars is verantwoordelik vir die herstel en onderhoud van hulle eenhede en die beheerliggaam het dieselfde verantwoordelikheid met betrekking […]
Tipes kontantbeleggings
VASTE DEPOSITOREKENING ʼn Vaste depositorekening is ʼn tipe spaarrekening waar jy jou kontant vir ʼn spesifieke tydperk deponeer in ruil vir ʼn vaste rentekoers, wat gewoonlik hoër is as een wat jy uit ʼn gewone bankrekening sou ontvang. Tipies vereis vaste depositorekenings dat fondse in die rekening gelaat word tot die vervaldatum, met moontlike boetes […]
Voertuigfinansiering verduidelik
Tensy jy ʼn rekenmeester is, is voertuigfinansiering gekompliseerd. Weet jy hoe finansieringsbepalings werk? Is dit ʼn goeie idee om ʼn residu te neem?  Wat van die rentekoers – moet jy dit vas of gekoppel neem? Ons het met WesBank gesels vir hierdie beginnersgids oor die finansiering van die motorvoertuig van jou drome! Bereken hoeveel jy […]
1 2 3 161