Motorplanne en waarborge: Wat is die verskil?

Donderdag, Augustus 25th, 2016

Ons probeer almal sowel ons motors as ons beursies beskerm, en dis hoekom ’n motorplan of ’n waarborg ’n baie goeie idee kan wees as daar fout kom met jou motor. Maar watter een moet jy kies vir jou huidige leefstyl? Hier is ’n verduideliking van hoe die twee kan verskil wat prys en veral voordele betref:

 

Motorplan

’n Motorplan, ook bekend as ’n onderhoudsplan of ’n “buffer tot buffer”-voordeel, betaal vir alle koste in verband met die herstel of versiening van jou motor, met uitsondering van sekere kleiner lopende uitgawes soos brandstof, bande, water en olie.

Byvoorbeeld, stel jou voor jy ry ewe vrolik met die wind in jou hare en jou venstermeganisme breek, jou koppelaar gee in of jou enjin brand vas. Wat nou gemaak? ’n Motorplan sal jou trane help opdroog, want dit sal die koste van byna al hierdie herstelwerk dek deur ’n beduidende deel van die rekening of selfs alles te betaal (afhangende van die vervaardiger).

Hierdie tipe produk bly by die motor ongeag of die motor van eienaar verwissel. Dus, as jy ’n taamlik nuwe motor koop, sal dit in baie gevalle ’n motorplan hê wat oorspronklik deur die vorige eienaar gekoop is.

’n Tipiese motorplan is gewoonlik geldig vir ’n tydperk van byvoorbeeld vyf jaar of 100 000 km, wat ook al eerste gebeur. Maar daar is verskille, want al die motorvervaardigers het verskillende opsies.

 

Waarborg

Soos ’n motorplan bied ’n waarborg ’n kontantvoordeel vir ’n groot verskeidenheid meganiese herstelwerk, behalwe waar slytasie van die item verwag word (soos met remme of bande).

Byvoorbeeld, as jou enjin vasbrand en R60 000 kos om te vervang, sal ’n waarborgproduk jou help om hierdie koste te dek deur ’n spesifieke randwaarde of ’n sekere persentasie van die totale rekening by te dra (afhangende van die produk).

Daar is talle verskillende opsies op die mark, soos ’n eenjaaropsie met onbeperkte kilometerafstand, of ’n tweejaaropsie met onbeperkte kilometerafstand wat jy met ’n gebruikte motor koop, of selfs produkte met ’n maandelikse premie – jy kan dus die een kies wat die beste by jou behoeftes pas.

As jou motor jonger as 10 jaar is en minder as 200 000 km geloop het en jou vervaardiger se waarborg verstryk het, kan jy ook ’n verlengde motorwaarborg van Hollard oorweeg. Hierdie bekostigbare maandelikse opsie dek jou vir meganiese onklaarraking of defek van 21 belangrike onderdele van jou motor, en dit bied ook gratis padbystand 24 uur per dag, motorhuur en ’n diensvlakvoordeel as jy dit nodig het (bonus!).

Dus, as jy ’n blinknuwe weeldemotor het, sal ’n motorplan waarskynlik die beste opsie wees, aangesien dit ten volle vir duur onderdele sal betaal as daar fout kom. Maar as jy rondrits in ’n getroue ou voertuig wat jou nie veel gekos het nie, is ’n waarborg seker die beste opsie.

Ongeag die opsie wat jy kies, is dit belangrik om daarop te let dat as jy jou motor se versiening oorslaan, nie jou waarborg of jou motorplan sal uitbetaal wanneer jy dit nodig het nie. Hou dus jou versieningsboekie byderhand en neem jou motor gereeld in wanneer ’n versiening nodig is.

 

Bron: Hollard

 

Ander Artikels

Wie betaal vir die vervanging van ʼn meenthuis-uitlaatpyp?
Vraag: Gee asseblief raad oor wie verantwoordelik sou wees vir die vervanging van ʼn uitlaatpyp in die kombuis van ʼn eenheid as dit deurgeroes het en aan die buitekant van die eenheid afgebreek het.   Antwoord: Eienaars is verantwoordelik vir die herstel en onderhoud van hulle eenhede en die beheerliggaam het dieselfde verantwoordelikheid met betrekking […]
Tipes kontantbeleggings
VASTE DEPOSITOREKENING ʼn Vaste depositorekening is ʼn tipe spaarrekening waar jy jou kontant vir ʼn spesifieke tydperk deponeer in ruil vir ʼn vaste rentekoers, wat gewoonlik hoër is as een wat jy uit ʼn gewone bankrekening sou ontvang. Tipies vereis vaste depositorekenings dat fondse in die rekening gelaat word tot die vervaldatum, met moontlike boetes […]
Voertuigfinansiering verduidelik
Tensy jy ʼn rekenmeester is, is voertuigfinansiering gekompliseerd. Weet jy hoe finansieringsbepalings werk? Is dit ʼn goeie idee om ʼn residu te neem?  Wat van die rentekoers – moet jy dit vas of gekoppel neem? Ons het met WesBank gesels vir hierdie beginnersgids oor die finansiering van die motorvoertuig van jou drome! Bereken hoeveel jy […]
1 2 3 161