Moet ’n huurooreenkoms mondelings of geskrewe wees?

Vrydag, Mei 6th, 2016

ʼn Mondelinge huurooreenkoms is bindend. ʼn Geskrewe huurooreenkoms is egter raadsaam aangesien dit beide die bewoner en die eienaar beskerm in die geval van ʼn dispuut. Ingevolge die Wet op Huurverblyf kan die inwoner eis dat die ooreenkoms op skrif gestel word.

Die bewoner is geregtig op ʼn gratis afskrif van die huurooreenkoms. Indien die bewoner egter sy of haar afskrif van die huurooreenkoms verloor, kan die eienaar (eiendomsagent) ʼn fooi hef om die bewoner van ʼn tweede afskrif te voorsien.

 

Bron: Tenant Profile Network

Ander Artikels

Skop vas en moenie onnodig koop nie
Anja van den Berg   Alles rakende jou supermark is bedoel om jou geld te laat bestee wat jy nie beplan het om te bestee nie, en selfs geld wat jy nie regtig hoef te bestee nie. Hoewel die meeste mense aan produkte dink in terme van die funksionele eienskappe daarvan – die instrumentele waarde […]
Agterbakse supermarktaktieke om jou onnodige goed te laat koop
Anja van den Berg   Het jy al ooit aanvaar dat iets ʼn winskoop is net omdat die prys in rooi geskryf is? Of besluit om daardie duur handsak of aktetas te koop omdat jy daarvan oortuig was dat jy dit verdien? Of ʼn hand vol ongesonde snoepgoed van die impulsrak gegryp terwyl jy toustaan […]
OTM-kaartruilslenters neem toe: Let op hiervoor!
Die Suid-Afrikaanse Bankrisiko-inligtingsentrum (Sabric) waarsku die publiek om op die uitkyk te wees te midde van die hoë voorkoms van OTM-kaartbedrog in die land. Die groep het gewaarsku dat daar weer ʼn “kaartruil”-skelmstreek in Suid-Afrika voorkom en ʼn uiteensetting van die betrokke skelms se modus operandi gegee om die publiek teen hul metodes te waarsku. […]
1 2 3 152