Moenie vanjaar val vir hierdie belastingslenters nie

Vrydag, Februarie 17th, 2017

Lede van die publiek ontvang dikwels ewekansig vals e-posse wat nagemaak is om te lyk asof hulle deur die SAID gestuur is, maar wat in der waarheid vals e-posse is wat daarop gemik is om niksvermoedende belastingbetalers uit te lok om persoonlike inligting, soos bankrekeningbesonderhede, te onthul.

Voorbeelde sluit in e-posse wat skyn afkomstig te wees van returns@sars.co.za of refunds@sars.co.za en wat aandui dat die belastingbetaler geregtig is op belastingterugbetalings. Hierdie e-posse bevat skakels na vals vorms en vals webwerwe wat soos die “regte ding” lyk, maar wat ten doel het om mense te fop om persoonlike inligting, soos bankrekeningbesonderhede, daarop in te vul, wat die misdadigers dan onttrek en valslik gebruik.

Neem asseblief kennis dat bogenoemde slenters is en die SAID-belastingbetalers moet op die volgende let:

  • Moenie e-posse van onbekende oorsprong oopmaak of beantwoord nie.
  • Pasop vir e-posse wat persoonlike, belasting-, bank- en eFiling-besonderhede vra (aanmeldingsgeldigheid, wagwoorde, pinnommers, krediet/debietkaart-inligting ens.
  • Die SAID sal nooit in enige kommunikasie wat jy via pos, e-pos of SMS ontvang, jou bankbesonderhede aanvra nie. Vir die doel van telefoniese kontak en bevestiging van geloofwaardigheid, sal die SAID egter jou persoonlike besonderhede verifieer. Dit is belangrik om te onthou dat die SAID nooit aan jou hiperskakels na ander webwerwe – selfs die van ander banke – sal stuur nie.
  • Pasop vir vals sms’e.

 

 

Bron: SAID

Ander Artikels

Afdwing van verbruikersregte deur die howe: Gebruik eers ander remedies
Justine Krige   Artikel 69 van die Wet op Verbruikersbeskerming (Wet 68 van 2008 [CPA]) sit ʼn verskeidenheid statutêre remedies uiteen vir die afdwing van verbruikersregte ingevolge die CPA. Dit sluit in die indien van ʼn klagte by die Nasionale Verbruikerskommissie (Kommissie), die verwysing van ʼn dispuut na die Verbruikerstribunaal (Tribunaal), of om ʼn bedryfsombudsman […]
Wie mag waar parkeer in ʼn meenthuiskompleks?
Vraag: “In die deeltitelskema waar ek woon is daar ʼn konstante gebaklei en gestry oor wie waar mag parkeer en wie verantwoordelik is vir die instandhouding van parkeerplekke. My vraag is: wie besluit watter dele van die skema vir parkeerplekke toegeken word, wie dit mag gebruik en wie dit moet in stand hou?” Antwoord: Wat […]
Moenie vanjaar val vir hierdie belastingslenters nie
Lede van die publiek ontvang dikwels ewekansig vals e-posse wat nagemaak is om te lyk asof hulle deur die SAID gestuur is, maar wat in der waarheid vals e-posse is wat daarop gemik is om niksvermoedende belastingbetalers uit te lok om persoonlike inligting, soos bankrekeningbesonderhede, te onthul. Voorbeelde sluit in e-posse wat skyn afkomstig te […]
1 2 3 150