Ingevolge die Wet op Huurbehuising:
(6) “'n Huurkontrak soos beoog in subartikel (2) moet die volgende inligting bevat:
(c) Die bedrag aan huurgeld vir die woning en redelike eskalasie, indien enige, moet kragtens die huurkontrak betaal word;”
Die huurder en die verhuurder kan ooreenkom oor die huurtydperk (vaste termyn of maandeliks) en redelike eskalasie. Die eskalasie word nie tot 'n persentasie van die huurgeld of tydperk (d.w.s. 6-maandeliks of 12-maandeliks) beperk nie ─ die beperking is “redelikheid”.
Bron: Tenant Profile Network
Oops! We could not locate your form.