Meenthuise: Wie moet elektriese kabels herstel?

Vrydag, Julie 29th, 2016

Vraag:

Goeie middag

Kan u asseblief die volgende uitklaar:

Wie is verantwoordelik vir die koste verbonde aan die herstelwerk aan elektriese kabels vanaf die gemeenskaplike voorsiening na die eenheid toe?

Ek hoor graag van u.

 

Antwoord:

Enige voorsieningsinfrastruktuur wat op gemeenskaplike eiendom geleë is, is die beheerliggaam se verantwoordelikheid, selfs al voorsien dit slegs een eenheid.

Sodra die verskaffingslyn, wat dit ook al mag wees, oor ʼn mediaanlyn gaan en ʼn eenheid binnekom, word dit die eienaar van daardie eenheid se verantwoordelikheid, tensy die verskaffingslyn ook nog ʼn ander eenheid voorsien, of die gemeenskaplike eiendom.

In so ʼn geval bly dit die beheerliggaam se verantwoordelikheid.

 

Bron: Paddocks

 

Ander Artikels

Skop vas en moenie onnodig koop nie
Anja van den Berg   Alles rakende jou supermark is bedoel om jou geld te laat bestee wat jy nie beplan het om te bestee nie, en selfs geld wat jy nie regtig hoef te bestee nie. Hoewel die meeste mense aan produkte dink in terme van die funksionele eienskappe daarvan – die instrumentele waarde […]
Agterbakse supermarktaktieke om jou onnodige goed te laat koop
Anja van den Berg   Het jy al ooit aanvaar dat iets ʼn winskoop is net omdat die prys in rooi geskryf is? Of besluit om daardie duur handsak of aktetas te koop omdat jy daarvan oortuig was dat jy dit verdien? Of ʼn hand vol ongesonde snoepgoed van die impulsrak gegryp terwyl jy toustaan […]
OTM-kaartruilslenters neem toe: Let op hiervoor!
Die Suid-Afrikaanse Bankrisiko-inligtingsentrum (Sabric) waarsku die publiek om op die uitkyk te wees te midde van die hoë voorkoms van OTM-kaartbedrog in die land. Die groep het gewaarsku dat daar weer ʼn “kaartruil”-skelmstreek in Suid-Afrika voorkom en ʼn uiteensetting van die betrokke skelms se modus operandi gegee om die publiek teen hul metodes te waarsku. […]
1 2 3 152