Mediese fonds: Jou gids om te verander

Sondag, Desember 11th, 2016

Gegewe die stand van openbare gesondheidsorg is ʼn mediese fonds een van die lewensnoodsaaklike dinge. Daarbenewens moet ons seker maak dat ons nie ingeloop word nie. Ek weet van gesinne wat dieselfde voordeel vir twee of sewe mense het. Die mediese fonds bied fantastiese individuele voordele maar die fyndruk onderwerp hulle aan ʼn gesinsvoordeel wat belaglik is. Jou premies groei maar nie jou voordele nie.

Gelukkig kan ons na al hierdie fyner besonderhede kyk. Voordat jy van mediese fonds verander (veral as jy swanger is), wil ek die volgende raad gee:

1. Kyk beslis na die voordele en lees die fyndruk. Belangrike kwessies om te oorweeg:

  • Sluit dit ginekologiese besoeke in?
  • Hoeveel skanderings word gedek?
  • Watse voordele kry jy ─ soos afslagvennote, ens.?
  • Word die 4D-skandering gedek?
  • Wat is by die hospitaalpakket ingesluit?
  • Is daar uitsluitings?
  • Is opvolgbesoeke ingesluit?

2. Stel vas of jou swangerskap gedek sal word.

3. Kry dit op skrif.

4. Maak seker dat die bevalling gedek sal word. Sommige mediese skemas stem hiertoe in, maar dek dan net die baba en nie die koste met betrekking tot die ma nie.

 

Kansellering van jou huidige mediese fonds by oorskakeling

Met die stygende koste van privaat gesondheidsorg en die hoë voorkoms van chroniese en aansteeklike siektes soos diabetes en tuberkulose in Suid-Afrika, kan ʼn mediese fonds help om mediese uitgawes te dek en seker te maak dat lede beter gesondheidsorgdiens kry. Volgens 2014 se Algemene Huishoudingopname deur Statistiek Suid-Afrika, behoort slegs 18,1% van Suid-Afrikaners tans aan ʼn mediese skema.

Wanneer huishoudings finansiële probleme ondervind, is hulle dikwels verplig om die leefstyluitgawes wat hulle nie meer kan bekostig nie, te besnoei. ʼn Mediese fonds behoort egter nie as ʼn luukse beskou te word nie want dit is noodsaaklik dat ons ons gesondheid moet oppas. As huishoudings vind dat hul begrotings elke jaar al meer knyp, is die ideaal dat hulle mediese fondse moet vergelyk en een moet kies wat die beste by hul behoeftes pas.

Gelukkig is alle mediese fondse inskiklik teenoor kliënte wat hul huidige skema verlaat om by ʼn ander een aan te sluit. Die aanbevole tyd vir oorskakeling is teen die einde van die jaar, veral aan die begin van Oktober. Hoewel die kanselleerproses redelik eenvoudig is, kan daar ʼn algemene wagtyd van tot drie maande en ʼn siektespesifieke tydperk van tot 12 maande wees, waarna jy toegelaat sal word om ʼn lid van ʼn ander mediese fonds te word. Dit geskied ingevolge die Wet op Mediese Skemas (Wet 131 van 1998), wat ook soos volg stipuleer:

“… in die geval van lede wat van mediese skema verander, waar die vorige mediese skema ʼn algemene of siektespesifieke wagtyd opgelê het en sodanige wagtyd ten tyde van beëindiging nog nie verstryk het nie, kan die mediese skema waarby die persoon aansoek gedoen het ʼn algemene of siektespesifieke wagtyd oplê vir die onverstrykte deel van sodanige wagtyd as wat deur die vorige mediese skema opgelê is.”

 

Bron: Hippo.co.za

Ander Artikels

Wie betaal vir die vervanging van ʼn meenthuis-uitlaatpyp?
Vraag: Gee asseblief raad oor wie verantwoordelik sou wees vir die vervanging van ʼn uitlaatpyp in die kombuis van ʼn eenheid as dit deurgeroes het en aan die buitekant van die eenheid afgebreek het.   Antwoord: Eienaars is verantwoordelik vir die herstel en onderhoud van hulle eenhede en die beheerliggaam het dieselfde verantwoordelikheid met betrekking […]
Tipes kontantbeleggings
VASTE DEPOSITOREKENING ʼn Vaste depositorekening is ʼn tipe spaarrekening waar jy jou kontant vir ʼn spesifieke tydperk deponeer in ruil vir ʼn vaste rentekoers, wat gewoonlik hoër is as een wat jy uit ʼn gewone bankrekening sou ontvang. Tipies vereis vaste depositorekenings dat fondse in die rekening gelaat word tot die vervaldatum, met moontlike boetes […]
Voertuigfinansiering verduidelik
Tensy jy ʼn rekenmeester is, is voertuigfinansiering gekompliseerd. Weet jy hoe finansieringsbepalings werk? Is dit ʼn goeie idee om ʼn residu te neem?  Wat van die rentekoers – moet jy dit vas of gekoppel neem? Ons het met WesBank gesels vir hierdie beginnersgids oor die finansiering van die motorvoertuig van jou drome! Bereken hoeveel jy […]
1 2 3 161