Mag die verhuurder die huurder se kredietrekord nagaan?

Maandag, Julie 11th, 2016

Ja, verhuurders mag ʼn kredietverslag versoek oor volwassenes ouer as 18 wat aansoek doen om ʼn eiendom te huur. Ingevolge die bepalings van die Nasionale Kredietwetregulasies 18 (4) (e) en (5) moet die voornemende huurder eers sy/haar toestemming gee voordat die verhuurder toegang tot jou kredietverslag mag kry.

Indien jy weier om jou toestemming te gee vir die verhuurder om ʼn kredietkontrole uit te oefen, is die verhuurder daarop geregtig om jou aansoek om te huur af te keur.

 

Bron: Tenant Profile Network

Ander Artikels

Skop vas en moenie onnodig koop nie
Anja van den Berg   Alles rakende jou supermark is bedoel om jou geld te laat bestee wat jy nie beplan het om te bestee nie, en selfs geld wat jy nie regtig hoef te bestee nie. Hoewel die meeste mense aan produkte dink in terme van die funksionele eienskappe daarvan – die instrumentele waarde […]
Agterbakse supermarktaktieke om jou onnodige goed te laat koop
Anja van den Berg   Het jy al ooit aanvaar dat iets ʼn winskoop is net omdat die prys in rooi geskryf is? Of besluit om daardie duur handsak of aktetas te koop omdat jy daarvan oortuig was dat jy dit verdien? Of ʼn hand vol ongesonde snoepgoed van die impulsrak gegryp terwyl jy toustaan […]
OTM-kaartruilslenters neem toe: Let op hiervoor!
Die Suid-Afrikaanse Bankrisiko-inligtingsentrum (Sabric) waarsku die publiek om op die uitkyk te wees te midde van die hoë voorkoms van OTM-kaartbedrog in die land. Die groep het gewaarsku dat daar weer ʼn “kaartruil”-skelmstreek in Suid-Afrika voorkom en ʼn uiteensetting van die betrokke skelms se modus operandi gegee om die publiek teen hul metodes te waarsku. […]
1 2 3 152