Mag die regspersoon boetes oplê of wiele klamp?

Dinsdag, September 27th, 2016

Daar is verskillende menings oor die wettigheid van boetes vir eienaars of inwoners vir die verbreking van die reëls.

Ons het ondersoek ingestel en gevind dat nóg die Wet op Deeltitels nóg die voorgeskrewe reëls voorsiening maak vir die oplegging van boetes of straf op oortreders van ʼn skema se reëls.

Die mening van ʼn aantal bekende prokureurs wat in deeltitels spesialiseer is dat ʼn regspersoon egter wetlik afdwingbare boetes kan oplê mits die regspersoon ʼn versigtig opgestelde reël wat vir die beboeting van eienaars en inwoners voorsiening maak, behoorlik aangeneem het.

Vir ʼn reël om afdwingbaar te wees, moet die reël: 1)  redelik wees; en 2)   die beginsels van natuurlike geregtigheid in ag neem, veral die beginsel van “laat alle partye gehoor word”, wat vereis dat ʼn vergadering byeengeroep moet word om aan die skynbare oortreder ʼn geleentheid te gee om sy saak te stel voordat hy skuldig bevind word en ʼn boete opgelê word.

Indien die trustees na die vergadering die person skuldig bevind aan die verbreking van die reëls kan hulle ’n redelike boete oplê.

Dit is belangrik om daarop te let dat as ʼn boetereël afdwingbaar moet wees, dit versigtig opgestel moet word, dat die vereiste besluit (spesiale besluit vir ʼn gedragsreël, eenparige besluit vir ʼn bestuursreël) deur die regspersoon aangeneem moet word, en dit moet by die Aktekantoor geliasseer word.

So, indien julle regspersoon boetes wil kan oplê, beveel ons aan dat julle ʼn prokureur kry wat in deeltitels spesialiseer om die boetereël vir julle op te stel en seker te maak dat dit behoorlik by die Aktekantoor geliasseer is.

Vir sover dit die klamp van wiele betref, moet dit ook duidelik in die reëls van die skema gestel word; daar moet oral op die gemeenskaplike eiendom kennisgewings wees wat sê dat dit is wat gaan gebeur as ʼn voertuig onwettig geparkeer word en daar moet ʼn stelsel vir onmiddellike resolusie wees, met ander woorde as een van die eienaars of inwoners sy of haar voertuig dringend moet gebruik (byvoorbeeld om ʼn swanger vrou hospitaal toe te neem), moet iemand te alle tye beskikbaar wees om die voertuig onmiddellik te ontklamp.

 

Bron: Trafalgar

 

Ander Artikels

Skop vas en moenie onnodig koop nie
Anja van den Berg   Alles rakende jou supermark is bedoel om jou geld te laat bestee wat jy nie beplan het om te bestee nie, en selfs geld wat jy nie regtig hoef te bestee nie. Hoewel die meeste mense aan produkte dink in terme van die funksionele eienskappe daarvan – die instrumentele waarde […]
Agterbakse supermarktaktieke om jou onnodige goed te laat koop
Anja van den Berg   Het jy al ooit aanvaar dat iets ʼn winskoop is net omdat die prys in rooi geskryf is? Of besluit om daardie duur handsak of aktetas te koop omdat jy daarvan oortuig was dat jy dit verdien? Of ʼn hand vol ongesonde snoepgoed van die impulsrak gegryp terwyl jy toustaan […]
OTM-kaartruilslenters neem toe: Let op hiervoor!
Die Suid-Afrikaanse Bankrisiko-inligtingsentrum (Sabric) waarsku die publiek om op die uitkyk te wees te midde van die hoë voorkoms van OTM-kaartbedrog in die land. Die groep het gewaarsku dat daar weer ʼn “kaartruil”-skelmstreek in Suid-Afrika voorkom en ʼn uiteensetting van die betrokke skelms se modus operandi gegee om die publiek teen hul metodes te waarsku. […]
1 2 3 152