Leef of oorleef?

Maandag, Desember 8th, 2014

Geskryf deur: Carina Bester

 

Dit is Maart – amper middel-Maart. Die jaar beweeg flink vorentoe. Meeste mense se nuwejaarsvoornemens is lank reeds vergete. Die een dag volg op die ander met rasse skrede.

Ek het vanoggend ‘n aanhaling raakgelees deur Jonathan Edwards:

MY LYS GOEIE VOORNEMENS:
Om elke dag voluit te lewe terwyl ek lewe;
om nooit iets te doen wat ek in iemand anders sou kritiseer nie;
om nooit iets uit wraak te doen nie;
om niks te doen wat ek nie sou wou doen indien dit die laaste dag van my lewe was nie.

Dit het my aan die dink gesit…

Hoeveel dae leef mens net en as jy jou oë uitvee is die dag verby! Sou ek só geleef het as ek geweet het dit is my laaste dag? Ek dink nie so nie…

Tóg weet nie een van ons presies wanneer dit ons laaste dag gaan wees nie.

‘n Deense spreekwoord lui: ‘n Meter goud kan nie ‘n sentimeter se tyd koop nie.

Tóg maak ons vir ons goud (of geld) bymekaar – en leef maar net om te eet en om ons rekeninge te kan betaal. Om ‘n huis en ‘n kar te bekostig. Om te oorleef.

In die tussentyd het ons eintlik niks van die lewe nie! Ons naweke vlieg verby en die week sloer stadig tot ‘n einde.

Dit sal goed wees as ons ook soos John Dryden kan sê: Dag van môre, bring maar wat jy wil – vandág het ek gelewe!

Ander Artikels

Skop vas en moenie onnodig koop nie
Anja van den Berg   Alles rakende jou supermark is bedoel om jou geld te laat bestee wat jy nie beplan het om te bestee nie, en selfs geld wat jy nie regtig hoef te bestee nie. Hoewel die meeste mense aan produkte dink in terme van die funksionele eienskappe daarvan – die instrumentele waarde […]
Agterbakse supermarktaktieke om jou onnodige goed te laat koop
Anja van den Berg   Het jy al ooit aanvaar dat iets ʼn winskoop is net omdat die prys in rooi geskryf is? Of besluit om daardie duur handsak of aktetas te koop omdat jy daarvan oortuig was dat jy dit verdien? Of ʼn hand vol ongesonde snoepgoed van die impulsrak gegryp terwyl jy toustaan […]
OTM-kaartruilslenters neem toe: Let op hiervoor!
Die Suid-Afrikaanse Bankrisiko-inligtingsentrum (Sabric) waarsku die publiek om op die uitkyk te wees te midde van die hoë voorkoms van OTM-kaartbedrog in die land. Die groep het gewaarsku dat daar weer ʼn “kaartruil”-skelmstreek in Suid-Afrika voorkom en ʼn uiteensetting van die betrokke skelms se modus operandi gegee om die publiek teen hul metodes te waarsku. […]
1 2 3 152