Langtermynversekering: Pasop vir verjaring

Dinsdag, Desember 13th, 2016

Nick Veldman

 

Die Hoër Hof van Appèl (HHA) se uitspraak in Muller v Sanlam Lewensversekering Beperk het die posisie uitgeklaar met betrekking tot verjaring, en wanneer ʼn skuld van ʼn langtermynversekeraar betaalbaar word.

In terme van versekering verwys verjaring na die verlies of verswakking van ʼn persoon se reg om ʼn skuld te verhaal as gevolg van hulle gebrek aan optrede en die verloop van tyd. ʼn Versekerde wat nalaat om ʼn eis in te stel of geregtelike stappe te doen teen hulle versekeraar kan die slagoffer van verjaring word.

Die meeste korttermynversekeringskontrakte bevat tydbeperkingsklousules wat vereis dat ʼn versekeraar geregtelike stappe binne ʼn sekere tydraamwerk moet instel, of die risiko loop om hulle eis uit te wis of onafdwingbaar te maak. Indien ʼn versekeringskontrak nie ʼn tydbeperkingsklousule bevat nie, word verjaring bepaal deur die Wet op Verjaring, Wet 68 van 1969. Die algemene verjaringstydperk is drie jaar, alhoewel daar uitsonderings is, bv. verjaring mag onderbreek word as die versekeraar uitdruklik of stilswyend aanspreeklikheid erken vir die versekerde se eis.

Verjaring begin loop sodra ʼn skuld betaalbaar is, wat gewoonlik onmiddellik is sodra die gebeurlikheid waarteen verseker is, plaasgevind het. As die versekerde egter onbewus daarvan is dat hy ʼn verlies gely het, sal verjaring eers begin loop sodra die versekerde van die verlies kennis neem. Die voorgaande word gekwalifiseer deur ʼn verdere bepaling dat die krediteur sal geag in besit van sodanige kennis te wees indien hy redelike sorg uitgeoefen het.

 

Feite van die saak

Mnr. Muller, die applikant, het van die respondent, Sanlam Lewensversekering Bpk., betaling geëis van die voordele onder vier lewensversekeringspolisse. Die polisse het betrekking gehad op Muller se voormalige vrou, mev. Muller. Hulle is ʼn aantal jare voor haar dood geskei. Sy het op 3 September 2006 gesterf in ʼn beweerde kaping. Die polisse is in 2005 en 2006 uitgeneem. Muller was die eienaar van twee van die polisse en die begunstigde met betrekking tot die ander twee, wat mev. Muller se eiendom was. Muller het deur voortgegaan om deur middel van ʼn aansoek ingestel op 10 Mei 2011 in die Wes-Kaapse hooggeregshof, betaling te eis van R8 876 778. Die aansoek is dus byna vyf jaar na die dood van die versekerde ingestel. Sanlam het verskeie verwerings aangevoer, insluitend dié van verjaring.

Muller het voorgehou dat alvorens ʼn eis nie deur ʼn versekeraar afgewys/verwerp is nie, die skuld nie betaalbaar geword het nie. Die hof het bevind dat hierdie argument geen gronde gehad het nie, veral as in ag geneem word dat Artikels 12(1) en 12(3) van die Wet op Verjaring bepaal dat verjaring begin loop sodra die skuld betaalbaar word en daardie skuld sal nie betaalbaar wees voor sodanige tyd wanneer die krediteur kennis dra van die identiteit van die debiteur en die feite wat uit die skuld voortspruit nie.

Na analise van die feite en relevante beslissings, het die hof nie net alleen bevind dat Muller van sy eksvrou se dood geweet het nie, maar dat hy ook op die datum van haar dood bewus was van die bestaan van die polisse, wat daartoe gelei het dat sy eis teen Sanlam presies drie jaar later sou verjaar het ingevolge Artikel 11(d) van die Wet op Verjaring.

Muller het gevolglik geargumenteer dat, omdat daar in 2011 ʼn wysiging gemaak is aan Reël 16 onder Artikel 62 van die Wet op Langtermynversekering wat die loop van verjaring geaffekteer het, die nuwe Reël terugwerkend toegepas behoort te word en dat in sy geval, verjaring nie begin loop het nie omdat Sanlam nie sy eis binne ʼn redelike tydperk verwerp het nie.

Die hof het bevind dat Muller se betoog met betrekking tot die nuwe reëls glad nie grondig was nie en sy saak weens die volgende redes:

 

  • Die nuwe reëls se bedoeling was nie om die Wet op Verjaring te verander nie maar eerder om die belang en beskerming te verbeter wat aan die versekerde en versekeraar gebied word.
  • Hulle maak voorsiening vir meer deursigtigheid en plaas sekere verpligtinge op die versekeraar om met redelike spoed op te tree en sekere inligting te verskaf.
  • Terwyl die wetgewing wat die bepalings van verjaring beheer deur die nuwe reëls geaffekteer word, het die hof bevind dat dit onnodig was om te besluit of dit op Sanlam se skuld toegepas kon word, weens die feit dat die skuld verjaar het lank voordat die nuwe reël gepromulgeer is.

 

Muller het gevolglik geargumenteer dat Sanlam nie op verjaring as ʼn verweer kon staatmaak nie, omdat dit valslik aan hom gestel is dat die polisvoordele nog nie betaalbaar was nie aangesien sekere dokumente nie beskikbaar gestel is nie. Die hof het nie saamgestem nie en het bevind dat ʼn versoek vir dokumente nie neerkom op ʼn voorstelling waarop nie staatgemaak kon word nie. Die hof het bevind dat indien Muller behoorlike regsadvies ingewin het, hy ʼn aanskrywing voor September 2009 sou uitgereik het om die kwessie van verjaring te vermy.

Ten slotte het Muller geargumenteer dat Sanlam se verpligting om die sterftevoordele te betaal wederkerig was met Muller se verpligting om die premies te betaal. Indien dit korrek was, sou Artikel 13(2) van die Wet op Verjaring die loop van verjaring vertraag het. Die hof het na verskeie gesaghebbendes verwys en bevind dat Muller se argument geen meriete gehad het nie, aangesien ʼn versekeringskontrak nie wederkerig is nie, veral waar dit van ʼn versekerde vereis word om die premies vooruit te betaal en dit die versekeraar se plig om ʼn voordeel uit te betaal, voorafgaan.

Almal wat deur polisse gedek word wat óf deur tydbeperkingsklousules of die Wet op Verjaring beheer word, moet verseker dat hulle die tydraamwerk vereis ten volle begryp om suksesvol van hulle polisse te kan eis. Op dieselfde trant, moet versekeraars die letter van die wet gehoorsaam wanneer versekeringspolisse opgestel en uitgevoer word om te verseker dat hulle nie slagoffers van verjaring word nie.

 

 

Bron: Shepstone & Wylie

Ander Artikels

Afdwing van verbruikersregte deur die howe: Gebruik eers ander remedies
Justine Krige   Artikel 69 van die Wet op Verbruikersbeskerming (Wet 68 van 2008 [CPA]) sit ʼn verskeidenheid statutêre remedies uiteen vir die afdwing van verbruikersregte ingevolge die CPA. Dit sluit in die indien van ʼn klagte by die Nasionale Verbruikerskommissie (Kommissie), die verwysing van ʼn dispuut na die Verbruikerstribunaal (Tribunaal), of om ʼn bedryfsombudsman […]
Wie mag waar parkeer in ʼn meenthuiskompleks?
Vraag: “In die deeltitelskema waar ek woon is daar ʼn konstante gebaklei en gestry oor wie waar mag parkeer en wie verantwoordelik is vir die instandhouding van parkeerplekke. My vraag is: wie besluit watter dele van die skema vir parkeerplekke toegeken word, wie dit mag gebruik en wie dit moet in stand hou?” Antwoord: Wat […]
Moenie vanjaar val vir hierdie belastingslenters nie
Lede van die publiek ontvang dikwels ewekansig vals e-posse wat nagemaak is om te lyk asof hulle deur die SAID gestuur is, maar wat in der waarheid vals e-posse is wat daarop gemik is om niksvermoedende belastingbetalers uit te lok om persoonlike inligting, soos bankrekeningbesonderhede, te onthul. Voorbeelde sluit in e-posse wat skyn afkomstig te […]
1 2 3 150