Laer huisprysgroei in 2015-’16 as in 2013-’14

Vrydag, November 6th, 2015

Eugene Brink

 

Die jaar-tot-jaar styging in die gemiddelde nominale waarde van huise in die middelsegment van die Suid-Afrikaans huismark het in Oktober 2015 steeds verlangsaam tot ʼn vlak van ongeveer 5%.

Op ʼn maand-tot-maand grondslag het prysgroei in Oktober tot 0,2% afgeplat, wat bygedra het tot die dalende jaar-tot-jaar prysgroei in die eerste tien maande van die jaar.

Dít volgens Jacques du Toit, eiendomsontleder by Absa.

Ware groei in huispryse, d.w.s. na aanpassings vir die uitwerking van verbruikersprysinflasie, het in September onder afwaartse druk gebly en is deur volgehoue dalende nominale prysgroei en tendense in verbruikersprysinflasie gedryf. In September is reële jaar-tot-jaar prysdeflasie duidelik in die klein en medium kategorieë van middelsegmentbehuising waargeneem, terwyl reële prysgroei in die segment vir groter huise aangeteken is.

Die gemiddelde nominale huiswaarde in elk van die middelsegment kategorieë was in Oktober 2015 soos volg:

  • Klein huise (80m²-140m²): R876 000
  • Mediumgrootte huise (141m²-220 m²): R1 236 000
  • Groot huise (221m²-400m²): R1 976 000

Sedert laat in 2014 toon huisprysgroei ʼn geleidelike dalende tendens en die vooruitskatting is dat groei vir die res van die jaar en in 2016 ʼn enkelsyfergetal sal bly. In vergelyking met 2013 en 2014 word laer prysgroei vir 2015 en 2016 voorspel, hoofsaaklik as gevolg van tendense in en vooruitsigte vir belangrike makro-ekonomiese en huishoudelike sektorverwante faktore. Nominale huisprysgroei van sowat 6% word vir vanjaar en volgende jaar voorspel, met die risiko aan die negatiewe kant.

Ander Artikels

Wie betaal vir die vervanging van ʼn meenthuis-uitlaatpyp?
Vraag: Gee asseblief raad oor wie verantwoordelik sou wees vir die vervanging van ʼn uitlaatpyp in die kombuis van ʼn eenheid as dit deurgeroes het en aan die buitekant van die eenheid afgebreek het.   Antwoord: Eienaars is verantwoordelik vir die herstel en onderhoud van hulle eenhede en die beheerliggaam het dieselfde verantwoordelikheid met betrekking […]
Tipes kontantbeleggings
VASTE DEPOSITOREKENING ʼn Vaste depositorekening is ʼn tipe spaarrekening waar jy jou kontant vir ʼn spesifieke tydperk deponeer in ruil vir ʼn vaste rentekoers, wat gewoonlik hoër is as een wat jy uit ʼn gewone bankrekening sou ontvang. Tipies vereis vaste depositorekenings dat fondse in die rekening gelaat word tot die vervaldatum, met moontlike boetes […]
Voertuigfinansiering verduidelik
Tensy jy ʼn rekenmeester is, is voertuigfinansiering gekompliseerd. Weet jy hoe finansieringsbepalings werk? Is dit ʼn goeie idee om ʼn residu te neem?  Wat van die rentekoers – moet jy dit vas of gekoppel neem? Ons het met WesBank gesels vir hierdie beginnersgids oor die finansiering van die motorvoertuig van jou drome! Bereken hoeveel jy […]
1 2 3 161