Laat jou kredietkaart vir jou werk

Dinsdag, Desember 13th, 2016

Jou kredietkaart het die potensiaal om ʼn gawe vennoot te wees indien jy die doeltreffendheid daarvan maksimaliseer en dit vir jou laat werk.

In ʼn aanlyn-opname uitgevoer deur FNB, het 39% van respondente gesê hulle gebruik hulle kredietkaarte slegs in noodgevalle, 36% het gesê hulle gebruik dit vir alles, klein en groot, 17% gebruik dit slegs vir aanlyn-aankope en slegs 8% het gesê hulle gebruik dit vir groot aankope.

“Kredietkaartgebruikers wat dit vir al hulle aankope aanwend, het die regte idee,” sê Chris Labuschagne, HUB van FNB Kredietkaart. “Om jou kredietkaart daagliks te gebruik kan voordelig wees, maar jy moet finansiële dissipline beoefen. ”

Om jou kredietkaart te gebruik vir aankope beteken nie dat jy van jou tjekrekening ontslae moet raak nie – jy het dit nodig om jou salaris te ontvang en vir die aftrekking van jou debietorders. Dit beteken net jy kapitaliseer op die addisionele voordele wat jou kredietkaart bied.

 

Maak jou persoonlike kontantvloei los

As jy die volle kredietkaartsaldo elke maand afbetaal, sal jy nie rente betaal nie. Dit beteken jy kan jou kredietkaart gebruik om jou maandelikse uitgawes te finansier.

“Jou kredietkaart gee jou tot soveel as 55 dae rentevry en deur dit maandeliks klaar te betaal verseker jy dat jy nie rente op die hals haal nie,” sê Labuschagne.

Dit laat jou met jou maandelikse salaris om meer doeltreffend te bestee, soos om jou spaargeld aan te vul of meer geld in die huislening te plaas. Jou geld sal dan vir jou werk, in plaas van andersom.

“Die geheim hier is om jou kaart te gebruik vir aankope wat jy normaalweg nie sou oorweeg nie, soos jou kinders se skoolfonds, aangesien die meeste skole ʼn betaalpunt het, of jou kragrekening,” stel Labuschagne voor.

 

Hou rekord 

Kredietkaarte word wyd aanvaar, wat beteken jou kan dit vir selfs die kleinste item gebruik. Al hierdie transaksies sal dan op een staat geboekstaaf word, wat uit ʼn begrotingsoogpunt een van die beste maniere is om jou finansies te bestuur.

 

Gebruik die begrotingsfasiliteit

“Die begrotingsfasiliteit op jou kredietkaart is ook ʼn wonderlike implement wat gebruik kan word wanneer jy ekstra fondse benodig om ʼn item te koop; jy kan dit as ʼn korttermynlening beskou en sodra dit afbetaal is, is die fasiliteit steeds daar so jy kan dit weer gebruik,” voeg Labuschagne by.

 

Stel ʼn limiet op jy leefstyl

Onverantwoordelike gebruik van jou kredietkaart kan jou finansiële posisie skade aandoen. Jy moet dus beheer uitoefen op hoeveel jy bestee en hoe jy jou kredietkaartskuld terugbetaal.

“Ek stel voor dat jy ʼn vasgestelde bedrag van jou maandelikse salaris eenkant sit om jou dag-tot-dag uitgawes terug te betaal wat op jou kredietkaart aangegaan is. Bestee elke maand tyd daaraan om te begroot en probeer die besteding en betaling in balans hou,” sê Labuschagne

“Dinge gebeur,” gaan Labuschagne voort, “wat beteken almal sal van tyd tot tyd meer bestee as wat hulle kan bekostig. Onbeplande mediese uitgawes, stukkende yskaste en skool-uitstappies is maar net voorbeelde van gebeure wat jou kredietkaartfasiliteit tot die uiterste strek.”

As jy gelukkig genoeg is om ʼn bonus of miskien ʼn dertiende salarisbetaling te ontvang, gebruik sommige van die fondse om jou kredietkaart weer in lyn te kry; alternatiewelik sal jy dalk vir ʼn ruk op jou leefstyl moet terugsny. Probeer om nooit jou kredietkaart met ander vorms van skuld terug te betaal nie – dit kan gou in ʼn wrede siklus ontaard.

“Jou kredietkaart, indien behoortlik gebruik, kan ʼn groot finansiële bate wees, wat jou help om jou finansies maklik te bestee en bestuur, wat uiteindelik al is wat ons van ons finansiële produkte verlang,” sluit Labuschagne af.

 

Ander Artikels

Wie betaal vir die vervanging van ʼn meenthuis-uitlaatpyp?
Vraag: Gee asseblief raad oor wie verantwoordelik sou wees vir die vervanging van ʼn uitlaatpyp in die kombuis van ʼn eenheid as dit deurgeroes het en aan die buitekant van die eenheid afgebreek het.   Antwoord: Eienaars is verantwoordelik vir die herstel en onderhoud van hulle eenhede en die beheerliggaam het dieselfde verantwoordelikheid met betrekking […]
Tipes kontantbeleggings
VASTE DEPOSITOREKENING ʼn Vaste depositorekening is ʼn tipe spaarrekening waar jy jou kontant vir ʼn spesifieke tydperk deponeer in ruil vir ʼn vaste rentekoers, wat gewoonlik hoër is as een wat jy uit ʼn gewone bankrekening sou ontvang. Tipies vereis vaste depositorekenings dat fondse in die rekening gelaat word tot die vervaldatum, met moontlike boetes […]
Voertuigfinansiering verduidelik
Tensy jy ʼn rekenmeester is, is voertuigfinansiering gekompliseerd. Weet jy hoe finansieringsbepalings werk? Is dit ʼn goeie idee om ʼn residu te neem?  Wat van die rentekoers – moet jy dit vas of gekoppel neem? Ons het met WesBank gesels vir hierdie beginnersgids oor die finansiering van die motorvoertuig van jou drome! Bereken hoeveel jy […]
1 2 3 161