Kredietooreenkomste: Jy móét ’n kennisgewing voor dagvaarding kry

Maandag, Mei 16th, 2016

Vraag: “Vandag het ek ’n dagvaarding ontvang van ’n kredietverskaffer wat ’n persoonlike lening aan my toegestaan het. Ek erken ek het een of twee betalings gemis, maar ek het nie gedink ek is só ver agterstallig nie. Hulle moes my sekerlik eers gebel of ’n brief gestuur het om aan te dring op betaling voor hulle hof toe is? Ek skuld hulle nie eens ’n groot bedrag geld nie, en nou moet ek boonop regskostes betaal.”

 

Antwoord: Ingevolge die Nasionale Kredietwet (“Kredietwet”) het jy as verbruiker sekere regte wat nié verdwyn weens wanbetaling op ’n kredietooreenkoms nie. Artikel 129 van die Kredietwet verseker sommige van hierdie regte deur kredietverskaffers te verplig om ’n geskrewe kennisgewing aan ’n verbruiker te besorg wanneer hy/sy ’n betaling in terme van ’n kredietooreenkoms mis, soos in geval van jou persoonlike lening.

Dié kennisgewing waarsku jou dus van opkomende litigasie en ’n moonlike uitspraak teen jou naam, en lig jou ook in van moontlike stappe wat jy kan neem om regsaksie te verhoed. Eenvoudig gestel, behoort hierdie brief jou te help om die weg vorentoe te beplan en jou in staat te stel om jou wanbetaling reg te stel en op dié manier duur, tydrowende en spanningsvolle regstappe te vermy.

’n Artikel 129-kennisgewing moet altyd enige litigasie wat ’n kredietooreenkoms afdwing, voorafgaan, en ons howe het onlangs beklemtoon dat ’n kredietverskaffer nie sommer net dié kennisgewing aan ’n dagvaarding kan heg nie, aangesien dit die doel van die kennisgewing ondermyn.  ’n Tipiese Artikel 129-kennisgewing (brief) moet jou in kennis stel dat jy jou verpligtinge in terme van die kredietooreenkoms versuim het en sal jou aanraai om die kredietooreenkoms na ’n skuldberader, agentskap vir alternatiewe geskiloplossings, verbruikershof of ombud met jurisdiksie te verwys, met die bedoeling dat die partye enige geskil in terme van die ooreenkoms oplos óf ’n plan beraam om die betalings op datum te bring.

Ongeag jou regte, bly dit belangrik om te besef dat as jy inderdaad versuim het om te betaal, dit nie hulle eis teen jou sal uitwis óf jou versuim sal verskoon indien die kredietverskaffer nalaat om hierdie kennisgewing vir jou te gee nie. Dit sal bloot die afdwing van hulle regte in terme van die kredietooreenkoms teen jou, uitstel, en ’n hof sal jou tyd gee om planne vir terugbetaling te maak of om die bystand van bogenoemde instellings te bekom.

 

Bron: BDP Prokureurs

  • Obrien Jackson

    Het jy besigheid / konsolidasie lening nodig het? Indien ja asb kom terug na ons privaat net op hierdie e-pos: apex_credunion@live.com
    naam:
    Leningsbedrag:
    duur:
    land:
    Tel:
    paspoort:
    E-pos ons privaat via e-pos: apex_credunion@live.com

Ander Artikels

Wie betaal vir die vervanging van ʼn meenthuis-uitlaatpyp?
Vraag: Gee asseblief raad oor wie verantwoordelik sou wees vir die vervanging van ʼn uitlaatpyp in die kombuis van ʼn eenheid as dit deurgeroes het en aan die buitekant van die eenheid afgebreek het.   Antwoord: Eienaars is verantwoordelik vir die herstel en onderhoud van hulle eenhede en die beheerliggaam het dieselfde verantwoordelikheid met betrekking […]
Tipes kontantbeleggings
VASTE DEPOSITOREKENING ʼn Vaste depositorekening is ʼn tipe spaarrekening waar jy jou kontant vir ʼn spesifieke tydperk deponeer in ruil vir ʼn vaste rentekoers, wat gewoonlik hoër is as een wat jy uit ʼn gewone bankrekening sou ontvang. Tipies vereis vaste depositorekenings dat fondse in die rekening gelaat word tot die vervaldatum, met moontlike boetes […]
Voertuigfinansiering verduidelik
Tensy jy ʼn rekenmeester is, is voertuigfinansiering gekompliseerd. Weet jy hoe finansieringsbepalings werk? Is dit ʼn goeie idee om ʼn residu te neem?  Wat van die rentekoers – moet jy dit vas of gekoppel neem? Ons het met WesBank gesels vir hierdie beginnersgids oor die finansiering van die motorvoertuig van jou drome! Bereken hoeveel jy […]
1 2 3 161