Die koop en verkoop van onroerende eiendom gebeur daagliks. Die vraag oor wie vir wat betaal, kom egter gereeld voor. Hier is ’n kort uiteensetting daarvan:
VERKOPER
BTW
Kewer-, elektriese- en gassertifikaat en die koste van enige werk wat gedoen moet word om die sertifikaat te bekom
Verbandrojeerkoste
Agentekommissie
Koste vir die aanwys van erfpenne en voorsiening van bouplanne
Opheffing van enige interdik en beslaglegging wat teen die eiendom geregistreer is
Alle wysigings aan die huidige transportakte of regstelling van foute in die transportakte
Munisipale belastings en dienste tot datum van registrasie van oordrag in die Aktekantoor (sluit in alle gelde verskuldig deur vorige bewoners of huurders van die eiendom).
KOPER
Transportkoste
Hereregte
Verbandregistrasiekoste
Aanvangsgelde betaalbaar aan bank wat verband toestaan (verskil van bank tot bank)
Pro rata-erfbelasting aan die munisipaliteit (gewoonlik betaalbaar tot 30 Junie)
Pro rata-beskikbaarheidsgelde aan die munisipaliteit (slegs van toepassing op onbeboude erwe)