Koop jy huis? Vra die regte vrae

Woensdag, Julie 22nd, 2015

Of jy nou jou droomhuis koop of ‘n spoggerige nuwe stel wiele, dit is noodsaaklik om vooraf jou huiswerk te doen en te weet watter vrae om te vra ten einde latere verrassings te voorkom. Verband-origineerder Ooba gee ‘n paar wenke:

 

Werk uit hoeveel jy kan bekostig

Bekostigbaarheid is altyd ‘n kwessie en dit is baie belangrik om dit van die begin af in gedagte te hou. Benewens die deposito waaraan jy moet dink, moet jy ook die maandelikse verbandterugbetalings in gedagte hou en of jy sal kan bekostig om jou eiendom in ‘n goeie toestand te hou.

‘n Goeie beginpunt is om voorafkwalifisering te kry; dit sal jou ‘n idee gee van wat jy kan bekostig. Voordat jy finaal teken vir die eiendom, doen ‘n vinnige ondersoek om seker te maak dat, indien jy opknappingswerk moet doen, dit minstens by die koopprys in berekening gebring is.

 

Maak seker dat die ligging by jou leefstyl pas

Die ligging is deurslaggewend om seker te maak dat die huis by jou leefstyl pas. Die volgende faktore is belangrik as jy besluit oor die gebied waarin jy koop: hoe ver is dit van jou werk af, is die eiendom geleë in ‘n ontwikkelende gebied waar die herverkoopwaarde vinnig styg en, laastens, is dit ‘n veilige omgewing?

 

Gaan die geskiedenis van die eiendom en gebied na

Doen ‘n bietjie navorsing oor die eiendom en gebied; vind uit hoe lank die eiendom reeds in die mark is en hoe lank die huidige eienaars al daar woon. Indien moontlik, net om seker te maak dat daar niks verkeerd is met die eiendom nie, praat direk met die eienaars om uit te vind hoekom hulle trek. Praat ook met die bure om ‘n idee te kry van hoe hulle die gebied ervaar. Al hierdie inligting behoort die vraag te beantwoord van of die eiendom ‘n goeie belegging is.

 

Kry die nodige sertifikate

Maak seker dat al jou voldoeningsertifikate deur ‘n gemagtigde onafhanklike kontrakteur uitgereik is; dit sluit in die sertifikate vir die elektrisiteit, loodgieterswerk, gas (indien daar gas op die eiendom is) en ekstras soos die elektriese heining. Die laaste ding wat jy wil hê as jy eers ingetrek het, is ‘n onaangename verrassing in verband met voldoeningskwessies.

Ander Artikels

Wie betaal vir die vervanging van ʼn meenthuis-uitlaatpyp?
Vraag: Gee asseblief raad oor wie verantwoordelik sou wees vir die vervanging van ʼn uitlaatpyp in die kombuis van ʼn eenheid as dit deurgeroes het en aan die buitekant van die eenheid afgebreek het.   Antwoord: Eienaars is verantwoordelik vir die herstel en onderhoud van hulle eenhede en die beheerliggaam het dieselfde verantwoordelikheid met betrekking […]
Tipes kontantbeleggings
VASTE DEPOSITOREKENING ʼn Vaste depositorekening is ʼn tipe spaarrekening waar jy jou kontant vir ʼn spesifieke tydperk deponeer in ruil vir ʼn vaste rentekoers, wat gewoonlik hoër is as een wat jy uit ʼn gewone bankrekening sou ontvang. Tipies vereis vaste depositorekenings dat fondse in die rekening gelaat word tot die vervaldatum, met moontlike boetes […]
Voertuigfinansiering verduidelik
Tensy jy ʼn rekenmeester is, is voertuigfinansiering gekompliseerd. Weet jy hoe finansieringsbepalings werk? Is dit ʼn goeie idee om ʼn residu te neem?  Wat van die rentekoers – moet jy dit vas of gekoppel neem? Ons het met WesBank gesels vir hierdie beginnersgids oor die finansiering van die motorvoertuig van jou drome! Bereken hoeveel jy […]
1 2 3 161