Kontrakte: Swart, blou of dalk selfs rooi?

Dinsdag, April 26th, 2016

Vraag: “Ek het al baie gewonder of ’n ooreenkoms in swart ink onderteken moét word. Wat gebeur as dit met ’n blou of selfs rooi of groen pen onderteken word? Is dit dan ongeldig?”

 

Antwoord: Dit is ’n interessante vraag, en een waaroor daar baie uiteenlopende oogpunte bestaan. Vir ’n ooreenkoms om in ons reg geldig onderteken te word, hang af van die formaliteite betreffende ondertekening eerder as die kleur ink wat gebruik word.

Tensy die partye tot die ooreenkoms een of ander spesifieke vorm van handtekening of ondertekening vereis, sal enige teken deur ’n duimafdruk te maak, jou naam of voorletters uit te skryf en in gevalle van ’n ongeletterde persoon sal ’n behoorlik geverifieerde merk, gemaak met die bedoeling om toestemming tot die ooreenkoms aan te dui, voldoende wees.

Wat betref die kleur van die ink gebruik om mee te onderteken, is daar geen wettige vereiste vir ’n sekere kleur ink om gebruik te word nie. Die kleur van die pen is nie van belang nie aangesien dit slegs vereis word om die nodige handtekeninge te bewys. Bygesê, het daar wel mettertyd ’n voorkeur ontwikkel vir die gebruik van swart ink, en deesdae ook vir die gebruik van blou ink.

Swart ink word steeds die meeste gebruik omdat dit geneig is om nie so vinnig soos ander kleure ink te verbleik nie. Blou word ook toenemend gebruik omdat die handtekening duideliker uitstaan wanneer onderskei moet word tussen ’n oorspronklike dokument en afskrif of geskandeerde dokument. Ander kleure soos groen en rooi kan ook gebruik word, maar verbleik oor die algemeen vinniger, wat tot probleme kan lei as ’n dokument vir ’n lang tyd gehou moet word. Hierdie kleure fotokopieer ook nie so duidelik soos swart of blou ink nie.

So, of jy nou swart, blou of rooi ink gebruik maak nie saak nie, dit beïnvloed nie die geldigheid van die ooreenkoms nie – solank as wat dit behoorlik onderteken en uitgevoer is, in lyn met enige vereiste formaliteite.

 

Bron: BDP Prokureurs

Ander Artikels

Wie betaal vir die vervanging van ʼn meenthuis-uitlaatpyp?
Vraag: Gee asseblief raad oor wie verantwoordelik sou wees vir die vervanging van ʼn uitlaatpyp in die kombuis van ʼn eenheid as dit deurgeroes het en aan die buitekant van die eenheid afgebreek het.   Antwoord: Eienaars is verantwoordelik vir die herstel en onderhoud van hulle eenhede en die beheerliggaam het dieselfde verantwoordelikheid met betrekking […]
Tipes kontantbeleggings
VASTE DEPOSITOREKENING ʼn Vaste depositorekening is ʼn tipe spaarrekening waar jy jou kontant vir ʼn spesifieke tydperk deponeer in ruil vir ʼn vaste rentekoers, wat gewoonlik hoër is as een wat jy uit ʼn gewone bankrekening sou ontvang. Tipies vereis vaste depositorekenings dat fondse in die rekening gelaat word tot die vervaldatum, met moontlike boetes […]
Voertuigfinansiering verduidelik
Tensy jy ʼn rekenmeester is, is voertuigfinansiering gekompliseerd. Weet jy hoe finansieringsbepalings werk? Is dit ʼn goeie idee om ʼn residu te neem?  Wat van die rentekoers – moet jy dit vas of gekoppel neem? Ons het met WesBank gesels vir hierdie beginnersgids oor die finansiering van die motorvoertuig van jou drome! Bereken hoeveel jy […]
1 2 3 161