Kontrakte: Die moets en moenies

Vrydag, Augustus 5th, 2016

Die Nasionale Verbruikersunie reik die volgende advies uit oor die aangaan van kontrakte:

 

  • Moet nooit enigiets onderteken wat jy nie gelees het nie of nie ten volle verstaan nie. As jy nie die kontrak verstaan nie, laat jou eie kundige deur dit gaan.

 

  • Moet nooit ʼn kontrak onderteken as ʼn promotor of kleinhandelaar nie wil toelaat dat jy ʼn ander persoon daardeur laat gaan nie.

 

  • Maak seker dat alle mondelinge beloftes in die geskrewe kontrak ingesluit is.

 

  • Moet nooit ʼn kontrak onderteken wat leë spasies bevat nie. Trek eers strepe daardeur.

 

  • Maak seker dat jy ʼn afskrif kry van die kontrak wat jy onderteken.

 

  • ʼn Kontrak is ʼn bindende wettige dokument tussen partye.

 

Jy moet met die ander party praat as jy nie met sekere bepalings saamstem nie. Jy mag enige klousule verander en by die veranderings teken, solank die ander party ook saamstem en by die veranderings teken.

 

Ander Artikels

Skop vas en moenie onnodig koop nie
Anja van den Berg   Alles rakende jou supermark is bedoel om jou geld te laat bestee wat jy nie beplan het om te bestee nie, en selfs geld wat jy nie regtig hoef te bestee nie. Hoewel die meeste mense aan produkte dink in terme van die funksionele eienskappe daarvan – die instrumentele waarde […]
Agterbakse supermarktaktieke om jou onnodige goed te laat koop
Anja van den Berg   Het jy al ooit aanvaar dat iets ʼn winskoop is net omdat die prys in rooi geskryf is? Of besluit om daardie duur handsak of aktetas te koop omdat jy daarvan oortuig was dat jy dit verdien? Of ʼn hand vol ongesonde snoepgoed van die impulsrak gegryp terwyl jy toustaan […]
OTM-kaartruilslenters neem toe: Let op hiervoor!
Die Suid-Afrikaanse Bankrisiko-inligtingsentrum (Sabric) waarsku die publiek om op die uitkyk te wees te midde van die hoë voorkoms van OTM-kaartbedrog in die land. Die groep het gewaarsku dat daar weer ʼn “kaartruil”-skelmstreek in Suid-Afrika voorkom en ʼn uiteensetting van die betrokke skelms se modus operandi gegee om die publiek teen hul metodes te waarsku. […]
1 2 3 152