Ken dié alledaagse bank-wenke

Vrydag, Augustus 5th, 2016

Om omsigtig met die bestuur van jou rekenings om te gaan, sal onnodige kostes verhoed, wat jy vir ander uitgawes en besparing kan gebruik.

As iemand jou op hierdie oomblik sou vra: “Hoeveel betaal jy elke maand op bankkoste?”, sou jy dit akkuraat kon beantwoord? Of sou jy verbaas wees oor die werklike bedrag? Het jy al ooit jou bank se koerse nagegaan? As jy ernstig is oor die bestuur van jou finansies, is dit een area wat jy nie mag ignoreer nie.

Nog ʼn area wat jy volledig moet assesseer, is die tipe rekening wat jy vir jou daaglikse finansiële transaksies gebruik. Is dit gepas vir daaglikse transaksies by ʼn OTM, vir debietordertransaksies en deposito’s? As jy na ʼn ander rekeningtipe sou oorskakel, sou jy op bankkoste spaar?

Weet jy hoeveel dit kos om by ʼn OTM te trek wat nie aan jou bank behoort nie – het jy al ooit tyd geneem om te kyk wat dit kos? Weet jy waar jou bank se OTM’e is in verhouding tot waar jy woon en werk sodat jy nie van ʼn ander bank se OTM gebruik hoef te maak nie?

Hoe ontvang jy jou bankstate – via pos of e-pos? Wanneer laas het jy jou staat nagegaan om te verseker al die transaksies is eg, en om die koste aan hulle verbonde na te gaan? Het jy aansoek gedoen vir notifikasies via selfoon om jou rekening teen bedrog-aktiwiteite te beskerm? Hierdie notifikasies help jou ook om tred te hou met jou transaksies vir die dag en wat jou saldo is. Hou in gedagte dat ʼn gereserveerde bedrag jou saldo sal affekteer, so gaan jou saldo’s gereeld na om te alle tye te weet presies hoeveel jy beskikbaar het en nie meer uit te gee as wat jy het nie.

Banke bied ook verskillende pakkette aan afhangende van jou bruto jaarlikse salaris. Om op die korrekte pakket te wees sal aan jou toepaslike kostes en besparings bied, sowel as groter beloningskemas. As jy onseker is oor op watter pakket jy behoort te wees, praat met jou bank. As jou salaris vermeerder, dring daarop aan om jou rekening te opgradeer vir die bykomende voordele en laer kostes.

Maak ook altyd seker jy het die korrekte bedrag in jou rekening vir al jou debietorders. As ʼn debietorder terugverwys word, is dit ʼn onnodige uitgawe en ʼn merk op jou kredietprofiel. Nog ʼn tydbespaarder is geskeduleerde betalings wat jy aanlyn kan opstel en wat sal verseker dat jy jou rekenings elke keer betyds betaal. Bestuur jou bankrekenings op ʼn bekwame wyse en vermy onnodige uitgawes.

Daar is baie tegnologieë wat die beskikbaarheid van bankfasiliteite verbeter het. Vandag is baie fasiliteite wat slegs by takke beskikbaar was ook beskikbaar via jou bank se webwerf. Maak van hulle gebruik en vermy oponthoude en om te moet toustaan.

 

Bron: FNB

 

 

 

 

 

Ander Artikels

Art. 11(a) van die Wet op Inkomstebelasting en die aftrekbaarheid van renteonkoste op huislenings
Louis Botha     Op 13 Desember 2016 het die belastinghof in Kaapstad uitspraak gelewer in X v The Commissioner for the South African Revenue Service (saak no. 13791 & 13792, nog nie gerapporteer nie). Die saak het gehandel oor ʼn interessante vraagstuk, naamlik of uitgawes wat aan ʼn huislening aangegaan word om ʼn rente-inkomste […]
Huurverbeteringe: Mag ek vat of moet ek los?
Vraag: “Ons huur nou al vir ʼn paar jaar ʼn huis. Ek en my vrou het heelwat verbeterings aan die huis en tuin aangebring. Ek word nou verplaas en moet verhuis, maar wonder nou wat word van al die verbeterings aan die huurperseel. Mag ons dit saamneem of moet die verhuurder ons vergoed daarvoor?”   […]
Die beste wenke om jou huurdeposito terug te kry
Huurders in Suid-Afrika betaal tans enigiets tussen een en drie maande se huur as skadedeposito ─ maar is dikwels onseker van wat om te doen as hul huurkontrak verval. “Hoewel deposito’s dikwels gebruik word om huurwanbetaling of onbetaalde utiliteitsrekenings te dek, is hul hoofdoel om verhuurders teen skade aan die eiendom te dek,” sê Andrew […]
1 2 3 170