Een van die mees kritieke aspekte van intelligente belegging is om jou teen die ruïnerende uitwerking van inflasie te beskerm. “Volgens ons ondervinding is 'n regstreekse belegging in 'n koop-om-te-verhuur-eiendom een van die beste maniere om jou teen inflasie te verskans want dit skep 'n voortgesette inflasiegekoppelde lewenslange maandelikse inkomste en lewer ook jaar na jaar bestendige kapitaalgroei wat hoër … Lees meer
Soms is dit raadsaam om nie die verkoper se woord te aanvaar dat alles aan 'n eiendom in orde is nie. 'n Onafhanklike eiendominspekteur kan jou baie geld en trane bespaar deur seker te maak dat die eiendom wat jy koop in 'n puik toestand is. Vreemd genoeg, hoewel almal saamstem dat om 'n huis te koop oor die algemeen … Lees meer
Eugene Brink Huuropbrengste groei weer ─ al is dit marginaal ─ na gelang 'n onsekere ekonomiese omgewing en rentekoersstygings eerstekeerkopers dwing om vir langer te huur en hul koopplanne uit te stel. En daar word verwag dat renteopbrengste in die toekoms sal aanhou styg na gelang die ekonomiese grondbeginsels kopery verder onderdruk. John Loos, eiendomstrateeg by FNB, sê in … Lees meer
Karin Muller Dit is welbekend dat Suid-Afrikaners swak spaarders is. Volgens die SA Reserwebank het ons huishoudelike spaar as ‘n persentasie van ons besteebare inkomste oor die afgelope aantal jare gedaal – en dit sal waarskynlik so voortgaan. Nasionale Tesourie se bekendstelling van belastingvrye spaarrekenings vanaf 1 Maart 2015 is dus wyd verwelkom as 'n manier om Suid-Afrikaners aan … Lees meer
Eugene Brink As jy jou eiendom wil verkoop, maak seker dat geduld een van jou deugde is. Die geraamde gemiddelde tyd van eiendomme op die mark het sedert die begin van die jaar heelwat langer geword ─ ten spyte daarvan dat die uitslag van die plaaslikeregering-verkiesings die mark skynbaar 'n hupstoot gegee het. In 'n bespreking van die 3de … Lees meer
Om ’n nuwe huis te koop, is een van die grootste finansiële beleggings wat julle ooit sal maak en julle het ongetwyfeld baie vrae oor die proses. Is julle reg om julle eerste huis te koop? Voordat julle jul daarvoor reg maak om julle droomhuis te koop, is dit belangrik om seker te maak dat julle gereed is vir … Lees meer
Die 2016 belastingseisoen het op 1 Julie geopen vir belastingbetalers wat opgawes vir die Maart 2015 – Februarie 2016 belastingjaar indien. Die belastingseisoen duur van Julie tot November (voorlopige belastingbetalers wat via eFiling indien, het tot Januarie 2017 om in te dien). Datums om te onthou: 25 November 2016 – By 'n SAID-tak (voorlopige en nie-voorlopige belasting) 25 November 2016 … Lees meer
Daar is talle dinge in die lewe van 'n jong volwassene wat dit die beste tyd van jou lewe maak, van rekspring oor watervalle tot om oor die hele wêreld vir musiekfeeste te reis – die emmerskoplys van moontlikhede is eindeloos. Nogtans, namate jy meer volwasse raak en ouer word, kan jy begin om meer ernstige verbintenisse te maak soos … Lees meer
Sanette Viljoen Kapitaalwinsbelasting is, eenvoudig gestel, die belasting wat betaal word op die wins wat jy maak uit die verkoop van ’n bate. Kapitaalwinsbelasting word dus betaal op die kapitaalwins wat gemaak word. Hoe werk ek my kapitaalwins uit? Die bedrag wat jy verkry het uit die verkoop van ’n bate, minus die basiskoste, is die kapitaalwins. … Lees meer
Karen van der Berg Ervare tuiniers sal saamstem: min dinge gee ’n mens meer bevrediging as om groente uit jou eie tuin te pluk en te gebruik – sappige wortels, lieflike blomkool en krakerige slaaiblare om vars te bedien. Daar is baie redes om jou eie groente te plant, meen Johann van der Merwe, tuinboukundige van Newcastle. “Op … Lees meer
Oops! We could not locate your form.