Is jy ‘n egte spaarder? Lees verder en vind uit

Vrydag, Julie 8th, 2016

Tinus Vollgraaff

 

 

Ons het almal ons unieke persoonlikhede en as dit by geld kom, bepaal dit hoe ons geld beskou en spandeer.

Sommige van ons hou daarvan om rojaal te bestee en te kyk wat die vrugte van ons arbeid kan koop. As jy dit aanloklik vind, is jy waarskynlik ‘n spandeerder, maar as jy daarvan hou om vas te klou aan jou geld, is jy waarskynlik ‘n spaarder.

Ongeag waar jy op die spaarskaal val, is jy waarskynlik ‘n suinige vrek wat vasklou aan geld en nie daarvan hou om te spandeer nie. Scott en Bethany Palmer, ‘n paartjie wat oor finansiële sake blog, sê hoewel nie alle spaarders altyd op dieselfde wyse optree en spaar nie, hulle tog ‘n paar gemeenskaplike eienskappe het.

Volgens hulle is jy ‘n spaarder as jy:

 

  • regtig opgewonde raak as jy geld spaar (Dis rede om trots te wees as jy dít wat jy wou hê goedkoper kry.);
  • georganiseer, verantwoordelik en betroubaar is as dit by geld kom (‘n Spaarder sal nie die kinders se universiteitsfonds stroop om ‘n nuwe boot te koop nie.);
  • selde impulsief geld uitgee (Spaarders sal die internet fynkam vir winskope, elke detail van ‘n vakansie beplan en seker maak hulle het die geld voordat hulle iets koop.); en
  • kredietkaartskuld soos die pes vermy (Spaarders haat dit om rente te betaal en skuld te laat oploop. Hulle wil elke rekening dadelik ten volle betaal.).

 

AOL finansiële bydraer, Paula Pant, sê spandeerders hou van ‘n winskoop. “Hierdie verbete winskoopsoekers knip koepons uit, vergelyk pryse en haat dit om volprys vir enigiets te betaal. So maklik as wat dit is om spandeerders hul geld te laat uitgee, net so moeilik is dit om spaarders hulle s’n te laat uitgee.

“Op hul ergste kan spaarders beskou word as gierigaards wat nie vir bedieners goeie fooitjies gee nie of wat hulle uit hulle deel van ‘n gesamentlike rekening sal loswikkel. Hulle onderwaardeer soms ook hul tyd. Ten beste kan spaarders as vindingryk en kreatief beskou word en hulle is rolmodelle vir ‘n leefstyl wat nie op materiële besittings gefokus is nie.”

Die spaarder beplan dikwels vir die toekoms en sy bankrekening wys dit. Terwyl spandeerders maniere bedink om geld uit te gee, peins spaarders oor hoe om geld te spaar.

Selfs spandeerders sal toegee dat hierdie eienskappe bewonderingswaardig is en die moeite werd om na te volg, maar daar is definitief nadele ook.

Spaarders lyk dikwels soos inhalige en selfsugtige gierigaards en dit kan nadelig vir persoonlike verhoudings wees.

Hulle weiering om geld uit te gee en byna uitsluitlike fokus op die toekoms maak ook dat hulle nie tevredenheid en vreugde in die hede geniet nie. “As jy ‘n spaarder is en jou lewensmaat is nie, kan jou weerstand teen geld uitgee die genot uit enigiets haal, van ‘n fliek tot met vakansie gaan,” sê Scott en Bethany.

Hulle noem ook dat spaarders in werklikheid ‘n obsessie met geld het. “Spaarders hou daarvan om oor geld te praat, oor geld te dink en hulle oor geld te bekommer. Die obsessie met geld kan so irriterend raak dat die spaarder se lewensmaat nie meer aan finansiële gesprekke wil deelneem nie.”

 

 

Bronne

 

Paula Pant, 30 April 2015, “Which of these 5 money personality types are you?” http://www.aol.com/article/2015/04/30/which-of-these-5-money-personality-types-are-you/21178210/.

 

Scott and Bethany Palmer, 2016, “Your money personality: Saver”, https://themoneycouple.com/money-personalities/the-saver/.

 

Solari Financial Planning, n.d., “What’s your financial personality?” http://solarifinancial.com/whats-financial-personality/.

 

Ander Artikels

Kry só die beste agent as jy huis verkoop
Vir baie van ons gaan die verkoop van ’n eiendom gepaard met hoë vlakke van angstigheid en onheil. So, waar kry mens iemand wat jy kan vertrou om jou deur die gevare en slaggate van die verkoopstransaksie te stuur? Volgens die Rawson Eiendomme is daar ’n paar belangrike goed om na op te let.   […]
Inkopies kan terapeuties wees
Dit is al gesê dat om op ʼn inkopie-tog te gaan negatief konnotasies het. Onder andere word materialisme en selfbevrediging voorgehou as redes om nie te koop nie. Om te koop en loerkoop (“window-shopping”) kan egter terapeuties wees, help jou om verandering te hanteer en verbeter jou bui. Moenie inkopie-terapie sommer afmaak as iets ligsinnig […]
Ken jou regte as ʼn deeltiteleienaar
Om in ʼn deeltitelkompleks te bly, het baie voordele. Dit kan egter minder aangenaam wees om te bly in ʼn kompleks wat deur andere bestuur word, veral as die voorsitter van die regspersoon hom of haar verbeel dat hy of sy meer magte as enigeen van die ander inwoners het. Laat ons dit duidelik stel: […]
1 2 3 160