Deur Anja van den Berg
Die koop van eiendom is nooit 'n besluit wat ligtelik geneem moet word nie en kan langtermyn implikasies inhou. Eiendomsagent Jabulile Lefu van JL Eiendomme beantwoord die algemeenste eiendomsvrae rakende die koop van eiendom gedurende tawwe ekonomiese tye soos dié.
Voordeel: Dit is 'n kopersmark weens die lae rentekoerse. Volgens huisleningkonsultante sal dit vir ten minste 18 maande voortduur. Dit is tans goedkoper om te koop as om te huur. Oor die algemeen beteken 'n kopersmark dat baie kopers wil koop, wat 'n verkoper in 'n gunstige posisie plaas.
Nadeel: Onsekerheid oor werk en inkomste. Die Covid-19-pandemie het daartoe gelei dat baie mense hulle werk verloor het.
Kopers moet hulle huiswerk deeglik doen voor hulle hulle handtekening op papier plaas. Let op die volgende:
Lefu sê dit is nie raadsaam om eiendom op 'n vaste rentekoerstermyn te koop nie. Jou maandelikse terugbetaling bly dieselfde vir die volle ooreengekome termyn. Die vasgestelde koers sal egter terugval of hersien word sodra die termyn verstryk, wat soms na een tot twee jaar is. “Die hersiene koers is altyd hoër,” voeg Lefu by.
Bron:
East Coast Radio: https://www.ecr.co.za/lifestyle/house-home/covid-19-pros-and-cons-buying-property-during-tough-economic-times/
Oops! We could not locate your form.