Installering van kragopwekkers: Moets en moenies

Vrydag, Februarie 10th, 2017

Een klagte wat ons almal deesdae in gemeen het, is beurtkrag. Jy sal op ʼn daaglikse basis mense vind wat gesels oor die kwessie van Eskom en beurtkrag. Beurtkrag het ʼn  hele nuwe mark vir privaat eienaarskap van kragopwekkers geskep. Onlangse statistiek dui ʼn reuse-toename aan in die aanvraag na en verkoop van bystandkragopwekkers. Hierdie artikel het ten doel om die verbruiker se aandag te vestig om die reëls en regulasies met betrekking tot die gebruik van hierdie kragopwekkers, soos vervat in nasionale wetgewing sowel as munisipale bywette. Daar is twee hooffokus-areas, naamlik prosedures met betrekking tot installering en die kwessie van stoornis.

PROSEDURES MET BETREKKING TOT INSTALLERING

Kom ons begin met die installering van kragopwekkers. Dit is belangrik om te onderskei tussen steun-kragopwekkers (“backup generators”) en bystandkragopwekkers (”standby generators”). Steun-kragopwekkers funksioneer onafhanklik van die elektriese stelsel van jou huishouding. Streng gesproke is daar geen installasie betrokke nie aangesien die kragopwekker nie op enige wyse met jou huishouding se bestaande elektriese struktuur verbind word nie. Wanneer die krag onderbreek word, moet die kragopwekker met die hand aangeskakel word en by die geselekteerde toestelle ingeprop word wat die verbruiker wil gebruik. Bystandkragopwekkers, aan die ander kant, word direk aan jou huis se elektriese stelsel gekoppel, met ander woorde, die hoofskakelbord, en skop outomaties deur middel van ʼn oordra-skakelaar in wanneer die krag onderbreek word.  Hierdie installasie moet deur ʼn professionele persoon, soos ʼn elektrisiën, gedoen word.

Dit is belangrik om daarop te let dat verskillende munisipaliteit verskillende reëls mag hê. Die Wes-Kaap se reëls wat installasie reguleer, is vervat in die Kaapstadse bywette. Kortliks reguleer die bywette hoe ʼn diensverskaffer (Eskom) elektrisiteit aan huishoudings verskaf en watter veranderinge aan die elektriese installasie wat voorsien is, aangebring kan word. Let daarop dat steun-kragopwekkers nie die huishouding se bestaande elektriese struktuur affekteer nie en derhalwe is die stipulasies in die bywette nie van toepassing op hierdie kragopwekkers nie.

Artikel 39 van die bywette handel spesifiek oor ʼn verbruiker se elektrisiteitsopwekkingtoestelle. Let daarop dat hierdie stipulasie slegs van toepassing is om bystandkragopwekkers vir die rede soos hierbo verduidelik. S39(1) stipuleer dit dat waar ʼn verbruiker elektrisiteitsopwekkingstoestelle, wat ʼn kragopwekker insluit, aan “enige installasie” konnekteer vir die doeleindes van sy eie operasionele behoeftes, hy geskrewe toestemming van die Direkteur van Eskom sal benodig.

Verkryging van die Direkteur se voorafgeskrewe toestemming  

S39(2) stipuleer dit dat ʼn aansoek geskrewe moet wees. Die aansoek moet ʼn “volledige spesifikasie” van die kragopwekker en ʼn bedragdingsdiagram insluit.

Ander reëls wat hierop betrekking het

S39(3) vereis dat die kragopwekker só ontwerp en geïnstalleer word dat dit vir Eskom se toevoernet onmoontlik sal wees om opgewek te word deur middel van ʼn terugvoering vanaf die kragopwekker. ”Terugvoering” vind plaas wanneer elektrisiteit in die teenoorgestelde rigting vloei van sy gewone vloei. Dit beteken bloot dat die kragopwekker nie krag na Eskom se plaaslike kragnetwerk moet opwek nie. S39(4) vereis voorts dat die kragopwekker nie moet inmeng met Eskom se toevoernet nie en ook dat die kragopwekker geheel en al op die verbruiker se perseel geïnstalleer moet word. S39(5) vereis dat die verbruiker ʼn Sertifikaat van Nakoming bekom vir die installasiewerk wat gedoen is. S39(6) maak voorsiening vir ʼn spesiale ooreenkoms tussen die verbruiker en Eskom, waarvolgens toestemming verleen word dat die kragopwekker elektries aan Eskom se toevoernet gekoppel word en parallel daarmee hardloop. Die verbruiker sal egter verantwoordelik wees vir die kostes verbonde aan die installasie en onderhoud.

Wat uit hierdie stipulasies belangrik blyk te wees, is dat ʼn verbruiker toegelaat word om ʼn kragopwekker te installeer indien hy geskrewe toestemmig van die  Direkteur verkry het. Hy sal al die kostes moet dek met betrekking tot installasie en sal die Direkteur moet voorsien van die vereiste Sertifikaat van Nakoming.

Gevolge van nienakoming van die Reëls

Artikel 26(1) van die bywette verbied enige persoon om met Eskom se toevoernet in te meng. S26(2) gee Eskom die mag om daardie persoon se kragvoorsiening af te sny indien daar voldoende getuienis is wat inmenging bewys. Die verbruiker sal ook aanspreeklik wees vir enige skade wat uit sodanige inmenging mag voortspruit.

Laastens, ingevolge Artikel 60 sal nóg Eskom nóg die plaaslike munisipaliteit verantwoordelik gehou word vir die werk gedoen deur ʼn elektriese kontrakteur op ʼn verbruiker se perseel.

Kwytskelding van die Regulasies

Artikel 12 van die Regulasies laat ʼn plaaslike munisipaliteit toe om enige persoon of lokaal kwyt te skeld van enige stipulasie in die Regulasies, hetsy op sy eie inisiatief of by aansoek van enige verbruiker. ʼn Applikant sal goeie redes moet voorsien vir die aansoek.

Gevolge van nienakoming van Regulasies

Artikel 13 van die Regulasies stel dit dat nienakoming van die Regulasies ʼn oortreding is wat strafbaar is óf met ʼn boete óf gevangenisstraf vir ʼn tydperk van nie langer as twee jaar nie.

Ter afsluiting kan genoem word dat verbruikers die belange van hulle bure in ag moet neem wanneer hulle hulle kragopwekkers gebruik. Hou hulle altyd in gedagte. Indien nie, kan hulle maklik ʼn klag lê wat ernstige gevolge vir jou mag inhou.

 

Bron: Abrahams & Gross Prokureurs

Ander Artikels

Kry só die beste agent as jy huis verkoop
Vir baie van ons gaan die verkoop van ’n eiendom gepaard met hoë vlakke van angstigheid en onheil. So, waar kry mens iemand wat jy kan vertrou om jou deur die gevare en slaggate van die verkoopstransaksie te stuur? Volgens die Rawson Eiendomme is daar ’n paar belangrike goed om na op te let.   […]
Inkopies kan terapeuties wees
Dit is al gesê dat om op ʼn inkopie-tog te gaan negatief konnotasies het. Onder andere word materialisme en selfbevrediging voorgehou as redes om nie te koop nie. Om te koop en loerkoop (“window-shopping”) kan egter terapeuties wees, help jou om verandering te hanteer en verbeter jou bui. Moenie inkopie-terapie sommer afmaak as iets ligsinnig […]
Ken jou regte as ʼn deeltiteleienaar
Om in ʼn deeltitelkompleks te bly, het baie voordele. Dit kan egter minder aangenaam wees om te bly in ʼn kompleks wat deur andere bestuur word, veral as die voorsitter van die regspersoon hom of haar verbeel dat hy of sy meer magte as enigeen van die ander inwoners het. Laat ons dit duidelik stel: […]
1 2 3 160