Inflasie: Die onsigbare inbreker

Dinsdag, Oktober 4th, 2016

Al ooit gewonder wat is inflasie? Die HAT omskryf inflasie as “die waardevermindering van geld” , en ook as die “vermeerdering of styging van pryse bo die normale”.

Wat beteken dit in gewone taal? Indien die inflasiekoers 6% per jaar is, beteken dit dat ’n artikel wat verlede jaar R100 gekos het, hierdie jaar R106 kos. Indien die inflasiekoers volgende jaar dieselfde bly, kos dieselfde artikel R112,36 aangesien inflasie ook ’n saamgestelde effek het. Volgende jaar word die styging bereken as 6% op R106, wat R6,36 is.

Mense is geneig om te dink dat pryse gedaal het as die inflasiekoers daal. Dit is nie die geval nie. Indien die inflasiekoers van 6% na 5% val, beteken dit dat pryse nog steeds styg maar net teen ’n laer koers. Dieselfde R106-voorbeeld beteken dat die prys van die artikel volgende jaar R111,30 is en nie R112,36 nie. Die prys het wel toegeneem, maar slegs met R5,30 en nie R6,36 nie.

Wat beteken inflasie vir die verbruiker? Al gehoor van mense wat geld onder ’n matras bêre en beweer hulle is beter daaraan toe? Inflasie is die onsigbare inbreker. Indien jy nie volgende jaar R106 het om dieselfde artikel te koop nie maar nog steeds net die R100, is dit dieselfde as toe jy verlede jaar net R94,34 gehad het om die R100-produk aan te koop. Dus het jy nog dieselfde geld, maar jy kan nie dieselfde produk daarmee koop nie. Die saamgestelde effek hiervan oor bv. 10 jaar teen 6% inflasie per jaar veroorsaak dat jou R100 net R55,84 se artikels kan koop.

Goeie beleggings verhoed dat die onsigbare inbreker jou geld steel sonder dat jy daarvan weet. Doen moeite, lees op oor die onderwerp en aanvaar verantwoordelikheid vir jou eie finansiële onafhanklikheid.

Statistiek Suid-Afrika is verantwoordelik vir die samestelling van inflasiesyfers. Die syfers kan gesien word op www.statssa.gov.za.

 

Ander Artikels

Wie betaal vir die vervanging van ʼn meenthuis-uitlaatpyp?
Vraag: Gee asseblief raad oor wie verantwoordelik sou wees vir die vervanging van ʼn uitlaatpyp in die kombuis van ʼn eenheid as dit deurgeroes het en aan die buitekant van die eenheid afgebreek het.   Antwoord: Eienaars is verantwoordelik vir die herstel en onderhoud van hulle eenhede en die beheerliggaam het dieselfde verantwoordelikheid met betrekking […]
Tipes kontantbeleggings
VASTE DEPOSITOREKENING ʼn Vaste depositorekening is ʼn tipe spaarrekening waar jy jou kontant vir ʼn spesifieke tydperk deponeer in ruil vir ʼn vaste rentekoers, wat gewoonlik hoër is as een wat jy uit ʼn gewone bankrekening sou ontvang. Tipies vereis vaste depositorekenings dat fondse in die rekening gelaat word tot die vervaldatum, met moontlike boetes […]
Voertuigfinansiering verduidelik
Tensy jy ʼn rekenmeester is, is voertuigfinansiering gekompliseerd. Weet jy hoe finansieringsbepalings werk? Is dit ʼn goeie idee om ʼn residu te neem?  Wat van die rentekoers – moet jy dit vas of gekoppel neem? Ons het met WesBank gesels vir hierdie beginnersgids oor die finansiering van die motorvoertuig van jou drome! Bereken hoeveel jy […]
1 2 3 161