Individuele deeltitel-kragmeters: Wanneer mag jy?

Woensdag, April 20th, 2016

Vraag:

Ons regspersoon (“body corporate”) – 129 eenhede – oorweeg die instelling van individuele elektrisiteitsmeters, want daar is baie inwoners (gulsige elektrisiteitsverbruikers) wat deur ander inwoners se heffings gesubsidieer word. Vertel my asseblief so veel as moontlik oor hierdie kwessie.

 

Antwoord:

Hierdie kwessie word in PMR 33(3) bekyk – soek dit onder die ACTS-oortjie (“tab”). In wese sê dit as die meerderheid van die eienaars dit skriftelik versoek het, moet die trustees afsonderlike meters op die regspersoon se onkoste laat installeer en in stand om elke eenheid en die gemeenskaplike eiendom se verbruik van elektrisiteit, water en gas aan te teken. Die beste manier om hierdie magtiging te verkry, is om na die eienaars te gaan en hulle te vra om ʼn skriftelike instruksie aan die trustees te teken en terug te gee. Wanneer dit deur die meerderheid van die eienaars gedoen is, moet die trustees uit die regspersoon se fondse vir die installasie betaal.

 

Bron: Paddocks

Ander Artikels

Wie betaal vir die vervanging van ʼn meenthuis-uitlaatpyp?
Vraag: Gee asseblief raad oor wie verantwoordelik sou wees vir die vervanging van ʼn uitlaatpyp in die kombuis van ʼn eenheid as dit deurgeroes het en aan die buitekant van die eenheid afgebreek het.   Antwoord: Eienaars is verantwoordelik vir die herstel en onderhoud van hulle eenhede en die beheerliggaam het dieselfde verantwoordelikheid met betrekking […]
Tipes kontantbeleggings
VASTE DEPOSITOREKENING ʼn Vaste depositorekening is ʼn tipe spaarrekening waar jy jou kontant vir ʼn spesifieke tydperk deponeer in ruil vir ʼn vaste rentekoers, wat gewoonlik hoër is as een wat jy uit ʼn gewone bankrekening sou ontvang. Tipies vereis vaste depositorekenings dat fondse in die rekening gelaat word tot die vervaldatum, met moontlike boetes […]
Voertuigfinansiering verduidelik
Tensy jy ʼn rekenmeester is, is voertuigfinansiering gekompliseerd. Weet jy hoe finansieringsbepalings werk? Is dit ʼn goeie idee om ʼn residu te neem?  Wat van die rentekoers – moet jy dit vas of gekoppel neem? Ons het met WesBank gesels vir hierdie beginnersgids oor die finansiering van die motorvoertuig van jou drome! Bereken hoeveel jy […]
1 2 3 161