Huur: Moet die eienaar die eiendom onderhou en tot watter mate?

Dinsdag, Oktober 25th, 2016

Volgens die gemene reg moet die eienaar die eiendom oorhandig en in ʼn geskikte toestand hou vir die doel waarvoor dit verhuur is.

Baie huurooreenkomste behandel onderhoud van die gebou egter anders. Dit is raadsaam om te verseker jy het die “Onderhoud”-klousule sorgvuldig lees om seker te maak jy is bewus van jou verpligtinge en dié van die eienaar.

Die meeste huurooreenkomste maak voorsiening daarvoor dat dit die eienaar se verantwoordelikheid is om die struktuur van die eiendom en enige elektriese of loodgietersapparaat wat jy nie beskadig het nie, te onderhou.

Oor die algemeen is die bewoner verantwoordelik vir die onderhoud van die binnekant van die eiendom, redelike slytasie uitgesluit. As die eiendom oor ʼn tuin of swembad beskik, is dit gewoonlik die bewoner se verantwoordelikheid om beide in stand te hou. Onthou – dit is belangrik om jou geskrewe huurooreenkoms na te gaan.

Die eienaar is onder geen verpligting om elke item te herstel wat die bewoner nodig ag nie. Items wat die eiendom ongeskik maak vir die doel waarvoor dit verhuur is, soos geen water/elektrisiteit, ʼn gebarste geiser, oond wat nie werk nie ens. moet deur die eienaar herstel word. Die eienaar is egter nie verplig om items soos vermiste interne sleutels, geblaaste gloeilampe en deure wat kraak te herstel nie.

Dit is weereens belangrik om te beklemtoon dat baie huurooreenkomste voorsiening maak vir verskillende verpligtinge aangaande onderhoud – lees jou spesifieke huurooreenkoms om jou verantwoordelikhede en dié van die eienaar te bevestig.

 

Bron: Tenant Profile Network

 

Ander Artikels

Wie betaal vir die vervanging van ʼn meenthuis-uitlaatpyp?
Vraag: Gee asseblief raad oor wie verantwoordelik sou wees vir die vervanging van ʼn uitlaatpyp in die kombuis van ʼn eenheid as dit deurgeroes het en aan die buitekant van die eenheid afgebreek het.   Antwoord: Eienaars is verantwoordelik vir die herstel en onderhoud van hulle eenhede en die beheerliggaam het dieselfde verantwoordelikheid met betrekking […]
Tipes kontantbeleggings
VASTE DEPOSITOREKENING ʼn Vaste depositorekening is ʼn tipe spaarrekening waar jy jou kontant vir ʼn spesifieke tydperk deponeer in ruil vir ʼn vaste rentekoers, wat gewoonlik hoër is as een wat jy uit ʼn gewone bankrekening sou ontvang. Tipies vereis vaste depositorekenings dat fondse in die rekening gelaat word tot die vervaldatum, met moontlike boetes […]
Voertuigfinansiering verduidelik
Tensy jy ʼn rekenmeester is, is voertuigfinansiering gekompliseerd. Weet jy hoe finansieringsbepalings werk? Is dit ʼn goeie idee om ʼn residu te neem?  Wat van die rentekoers – moet jy dit vas of gekoppel neem? Ons het met WesBank gesels vir hierdie beginnersgids oor die finansiering van die motorvoertuig van jou drome! Bereken hoeveel jy […]
1 2 3 161