Huisversekering: 4 goed wat jy dalk nie weet nie

Donderdag, Mei 12th, 2016

Wat is die eerste goed wat jy sal gryp as jou huis aan die brand sou raak?

Dis ’n moeilike vraag en almal se antwoorde verskil. Jou goed is dalk sommer net “goed”, maar dis vol herinneringe en betekenis en dit is waarom dit sin maak om dit teen diefstal, brand, oorstromings en dies meer te verseker.

As jy nog meer oorreding nodig het, hier is vier goed oor inhoudversekering wat jy waarskynlik nie weet nie:

 

  1. Selfs huurders kan huisinhoudversekering kry (of behoort dit te kry)

Al besit jy nie die huis waarin jy bly nie, is jou goed steeds jou eie verantwoordelikheid en is nie gedek as dit iets sou oorkom nie. Die eienaar of eienares is verantwoordelik vir die fisieke struktuur van die eiendom, en nie vir wat met jou goed gebeur nie.

 

  1. Waar jy bly, bepaal hoeveel jy betaal

Hier is nog ’n rede om die misdaadstatistiek van die voorstad waarin jy bly, na te gaan. In die hoër-risiko-gebiede sal jou huisversekeringspremie hoër wees. Ons hou ook nie van die gedagte dat iets sleg met jou moet gebeur nie, en dis hoekom. So, indien jy nie dadelik kan trek nie, kan jy altyd punt no. 3 oorweeg …

 

  1. Jou veiligheidsmaatreëls beïnvloed ook jou maandelikse premie

Kyk na maniere om jou huisveiligheid te verbeter met diefwering, veiligheidshekke, alarms en gewapende reaksie. As jy die ruimte en middele het, oorweeg dit om ’n grag om jou huis te grawe en dit vol haaie te maak … met lasers op hul koppe vasgemaak.

 

  1. Jou skootrekenaar, fiets, sonbril en telefoon word NIE onder huisinhoud gedek nie

Hierdie goed moet onder “draagbare besittings” in die versekeringspolis gespesifiseer word omdat jy dit soveel kere met jou saamneem as jy die huis verlaat .

Dit neem nie lank om dit te doen nie, die premie sal nie veel hoër wees nie en as jy ooit jou telefoon in die toilet laat val of as dit uit jou handsak gesteel word, is jy ten volle vir ’n nuwe een gedek.

 

Bron: KingPrice Insurance

Ander Artikels

Skop vas en moenie onnodig koop nie
Anja van den Berg   Alles rakende jou supermark is bedoel om jou geld te laat bestee wat jy nie beplan het om te bestee nie, en selfs geld wat jy nie regtig hoef te bestee nie. Hoewel die meeste mense aan produkte dink in terme van die funksionele eienskappe daarvan – die instrumentele waarde […]
Agterbakse supermarktaktieke om jou onnodige goed te laat koop
Anja van den Berg   Het jy al ooit aanvaar dat iets ʼn winskoop is net omdat die prys in rooi geskryf is? Of besluit om daardie duur handsak of aktetas te koop omdat jy daarvan oortuig was dat jy dit verdien? Of ʼn hand vol ongesonde snoepgoed van die impulsrak gegryp terwyl jy toustaan […]
OTM-kaartruilslenters neem toe: Let op hiervoor!
Die Suid-Afrikaanse Bankrisiko-inligtingsentrum (Sabric) waarsku die publiek om op die uitkyk te wees te midde van die hoë voorkoms van OTM-kaartbedrog in die land. Die groep het gewaarsku dat daar weer ʼn “kaartruil”-skelmstreek in Suid-Afrika voorkom en ʼn uiteensetting van die betrokke skelms se modus operandi gegee om die publiek teen hul metodes te waarsku. […]
1 2 3 152