Huisprysgroei: 2017 gaan ook moeilik wees

Woensdag, Augustus 10th, 2016

Eugene Brink

 

Nominale huisprysgroei sal na verwagting tussen 4% en 4.5% in 2016 asook 2017 wees, sê Jacques du Toit, eiendomsontleder by Absa.

“Sommige inflasionêre druk duur voort en dit kan daartoe lei dat rentekoerse later in 2016 en vroeg in 2017 verhoog kan word. Verbruikers gaan waarskynlik finansiële druk oor die volgende ses tot 12 maande ervaar en verbruikersvertroue sal laag bly. Dit sal tot ’n swak aanvraag na krediet en powere groei in verbruik lei.”

Hy sê reële prysdeflasie van tussen 1% en 2% word vir vanjaar sowel as 2017 verwag as gevolg van die vooruitsig vir nominale huisprysgroei en die verbruikersprys-inflasiekoers.

Julie se groeisyfer is nie bemoedigend nie, maar dit is bloot ’n voorsetting van die tendens van stadiger groei oor die laaste paar jaar. “Daar was nominale prysgroei van 4.3% op ’n jaargrondslag in die middelsegment in Julie. Hierdie koers toon steeds ’n dalende neiging sedert prysgroei van rondom 6% vroeër vanjaar aangeteken is,” sê Du Toit.

Die gemiddelde nominale waarde van huise in elk van die middelsegment-kategorieë was in Julie 2016 as volg:

  • Klein huise (80m²-140m²): R924 000
  • Middelgrootte-huise (141m²-220 m²): R1 314 000
  • Groot huise (221m²-400m²): R1 975 000

 

Ander Artikels

Wie betaal vir die vervanging van ʼn meenthuis-uitlaatpyp?
Vraag: Gee asseblief raad oor wie verantwoordelik sou wees vir die vervanging van ʼn uitlaatpyp in die kombuis van ʼn eenheid as dit deurgeroes het en aan die buitekant van die eenheid afgebreek het.   Antwoord: Eienaars is verantwoordelik vir die herstel en onderhoud van hulle eenhede en die beheerliggaam het dieselfde verantwoordelikheid met betrekking […]
Tipes kontantbeleggings
VASTE DEPOSITOREKENING ʼn Vaste depositorekening is ʼn tipe spaarrekening waar jy jou kontant vir ʼn spesifieke tydperk deponeer in ruil vir ʼn vaste rentekoers, wat gewoonlik hoër is as een wat jy uit ʼn gewone bankrekening sou ontvang. Tipies vereis vaste depositorekenings dat fondse in die rekening gelaat word tot die vervaldatum, met moontlike boetes […]
Voertuigfinansiering verduidelik
Tensy jy ʼn rekenmeester is, is voertuigfinansiering gekompliseerd. Weet jy hoe finansieringsbepalings werk? Is dit ʼn goeie idee om ʼn residu te neem?  Wat van die rentekoers – moet jy dit vas of gekoppel neem? Ons het met WesBank gesels vir hierdie beginnersgids oor die finansiering van die motorvoertuig van jou drome! Bereken hoeveel jy […]
1 2 3 161