Huiskopers: Die 3 soorte versekering wat jy nodig het

Maandag, September 26th, 2016

Barry Davies

 

As jy soos die meeste mense ’n huis met behulp van ’n huislening koop, sal jy waarskynlik die volgende drie verskillende soorte versekering nodig hê:

  • Huiseienaarsversekering (HEV), wat dekking verskaf teen strukturele beskadiging van ’n huis in die geval van rampe soos brand, oorstroming, wind en hael. Hierdie tipe polis beskerm die bank teen verlies van die “bate” wat die huislening versekureer, en beskerm ook die huiseienaar daarteen dat hy moontlik die uitstaande balans op die lening moet betaal selfs al is die huis sleg beskadig of vernietig.
  • Huiskopersversekering, wat soms “verbandversekering” genoem word, wat ’n tipe kredietlewensversekering is wat spesifiek bedoel is om enige uitstaande balans op die huis te vereffen as die lener doodgaan of onbevoeg raak. Dit sal voorkom dat jou familie die paaiemente op die huislening moet oorneem om jou skuld te vereffen – of, nog erger, jou huis moet verlaat as hulle nie kan bekostig om te betaal nie. Jou lener dring dalk nie op hierdie dekking aan nie, maar die meeste sal beslis verkies dat jy dit moet hê.
  • Huisbewonersversekering dek doodgewoon die inhoud van jou huis, hetsy dit jou huis of ’n huurhuis is, in die mate waarop jy besluit. Dit word “korttermynversekering” genoem en die meeste maatskappye wat sulke dekking verskaf, bied ’n keuse tussen omvattende versekering, wat diefstal insluit, en versekering wat tot skade beperk is, en in die meeste gevalle kan hulle ook voertuigdekking verskaf.

Dit is belangrik om daarop te let dat dit jou, as huiskoper, vrystaan om al of enigeen van die bogenoemde drie vorms van versekering by enige verskaffer van jou keuse te koop – maar dat dit huisleningverskaffers ook vrystaan om lenings te weerhou van diegene wat hulle as onderverseker beskou.

 

Bron: Chas Everitt

 

Ander Artikels

Art. 11(a) van die Wet op Inkomstebelasting en die aftrekbaarheid van renteonkoste op huislenings
Louis Botha     Op 13 Desember 2016 het die belastinghof in Kaapstad uitspraak gelewer in X v The Commissioner for the South African Revenue Service (saak no. 13791 & 13792, nog nie gerapporteer nie). Die saak het gehandel oor ʼn interessante vraagstuk, naamlik of uitgawes wat aan ʼn huislening aangegaan word om ʼn rente-inkomste […]
Huurverbeteringe: Mag ek vat of moet ek los?
Vraag: “Ons huur nou al vir ʼn paar jaar ʼn huis. Ek en my vrou het heelwat verbeterings aan die huis en tuin aangebring. Ek word nou verplaas en moet verhuis, maar wonder nou wat word van al die verbeterings aan die huurperseel. Mag ons dit saamneem of moet die verhuurder ons vergoed daarvoor?”   […]
Die beste wenke om jou huurdeposito terug te kry
Huurders in Suid-Afrika betaal tans enigiets tussen een en drie maande se huur as skadedeposito ─ maar is dikwels onseker van wat om te doen as hul huurkontrak verval. “Hoewel deposito’s dikwels gebruik word om huurwanbetaling of onbetaalde utiliteitsrekenings te dek, is hul hoofdoel om verhuurders teen skade aan die eiendom te dek,” sê Andrew […]
1 2 3 170