Huiseienaars: Hoeveel jy (ekstra) hoes ná die rentekoersverhoging

Vrydag, Januarie 29th, 2016

Eugene Brink

Huiseienaars is weens hul blootstelling aan groot langtermynskuld taamlik uitgelewer aan rentekoersverhogings.

Die Suid-Afrikaanse Reserwebank het Donderdag die repokoers met 50 basispunte verhoog van 6,25% na 7,25% te midde van ’n verswakkende wisselkoers, stadige ekonomiese groei en stygende inflasie. Uitleenkoerse het sedert die begin van 2014 met ’n kumulatiewe 175 basispunte gestyg.

Huiseienaars en voornemende kopers gaan daarom dieper moet delf en die gordels stywer moet trek omdat hierdie stygings ’n gevoelige hou toedien. Daar is boonop verdere rentekoersverhogings in 2016 op pad.

Die volgende verhogings sal nou geld op eiendomme wat oor ’n periode van 20 jaar gefinansier is:

  • Op ’n eiendom van R500 000 gaan jy nou R4 908 per maand opdok en dus R166 meer per maand betaal.
  • Op ’n eiendom van R800 000 gaan jy nou R7 853 per maand betaal – R265 meer per maand.
  • Op ’n huis of meenthuis van R1 miljoen gaan jy R331 meer per maand opdok en R9 816 betaal.
  • Op ’n verband van R1,5 miljoen gaan jy nou R14 715 per maand betaal; dus R497 meer.
  • Op ’n verband van R2 miljoen is hierdie bedrae onderskeidelik R19 633 en R663.

Indien jy ’n verband van R1 miljoen aflos, betaal jy al R1 138 meer per maand sedert die rentekoers in Januarie 2014 begin styg het. In die geval van ’n R1,5 miljoen-verband is dit R1 707 per maand meer en vir R2 miljoen is dit R2 276 meer.

“Verbandterugbetalings gaan styg en verdere finansiële druk op verbruikers in die algemeen en huiseienaars in die besonder plaas. Dit sal die vraag na eiendom en verbandfinansiering laat afneem en in 2016 sal nominale eiendomsprysgroei in enkelsyfers bly,” het Jacques du Toit, eiendomsekonoom by Absa, oor die impak van die nuutste styging aan Solidariteit Wêreld gesê.

Ander Artikels

Kry só die beste agent as jy huis verkoop
Vir baie van ons gaan die verkoop van ’n eiendom gepaard met hoë vlakke van angstigheid en onheil. So, waar kry mens iemand wat jy kan vertrou om jou deur die gevare en slaggate van die verkoopstransaksie te stuur? Volgens die Rawson Eiendomme is daar ’n paar belangrike goed om na op te let.   […]
Inkopies kan terapeuties wees
Dit is al gesê dat om op ʼn inkopie-tog te gaan negatief konnotasies het. Onder andere word materialisme en selfbevrediging voorgehou as redes om nie te koop nie. Om te koop en loerkoop (“window-shopping”) kan egter terapeuties wees, help jou om verandering te hanteer en verbeter jou bui. Moenie inkopie-terapie sommer afmaak as iets ligsinnig […]
Ken jou regte as ʼn deeltiteleienaar
Om in ʼn deeltitelkompleks te bly, het baie voordele. Dit kan egter minder aangenaam wees om te bly in ʼn kompleks wat deur andere bestuur word, veral as die voorsitter van die regspersoon hom of haar verbeel dat hy of sy meer magte as enigeen van die ander inwoners het. Laat ons dit duidelik stel: […]
1 2 3 160