Huiseienaars bly al hoe langer in hul eiendomme

Woensdag, Mei 4th, 2016

Eugene Brink

 

 

Huiseienaars wil nie gou verkoop as hulle gekoop het nie en bly dus langer in hul eiendomme.

John Loos, eiendomstrateeg by ENB, sê daar is min beweegruimte vir spekulasie in die huidige eiendomsmark. “Ons het Aktekantoor-data oor transaksies deur ‘natuurlike persone’ (teenoor juridiese entiteite) gebruik om die maandelikse persentasie van huise wat verkoop is en in die vorige 12 en 24 maande gekoop is, te probeer skat. Ons het bevind die tempo van hierdie ‘omset’ is steeds taamlik laag, en dit dui op bedeesde spekulatiewe aktiwiteit.

“Terwyl die persentasie eiendomme wat deur indiwidue verkoop is en binne die vorige 12 maande gekoop is, in Mei 2005 ’n massiewe 13.93% van alle eiendomme wat deur indiwidue verhandel is, uitgemaak het, was dit in Maart 2016 slegs 3.62%.”

“Die eiendomme wat in Maart 2016 verkoop is en binne die vorige 24 maande gekoop is, is op 10.19% van alle transaksies in Maart geraam. Dit is ook baie stadig vergeleke met die 32.67%-hoogtepunt in 2006,” sê Loos.

Dit het uiteraard aansienlike gevolge vir die vraag na residensiële eiendom en ook prysgroei, wat steeds onder druk verkeer. Die ENB Huisprysindeks het groei van 6.4% in April 2016 op ’n jaargrondslag aangeteken – effens hoër as die hersiene 6.3% in Maart.

Volgens Loos is die huisprysgroei tydens die afgelope paar maande steeds laer as die hoogtepunt van 6.9% in Oktober 2015. Dit bly egter hardnekkig vassteek op vlakke bo 6%, wat op nagenoeg geen inflasie in reële terme (soos aangepas vir verbruikersprysinflasie) dui. “Dis waar ’n mark met ’n goeie balans tussen vraag en aanbod waarskynlik behoort te wees.”

Ander Artikels

Art. 11(a) van die Wet op Inkomstebelasting en die aftrekbaarheid van renteonkoste op huislenings
Louis Botha     Op 13 Desember 2016 het die belastinghof in Kaapstad uitspraak gelewer in X v The Commissioner for the South African Revenue Service (saak no. 13791 & 13792, nog nie gerapporteer nie). Die saak het gehandel oor ʼn interessante vraagstuk, naamlik of uitgawes wat aan ʼn huislening aangegaan word om ʼn rente-inkomste […]
Huurverbeteringe: Mag ek vat of moet ek los?
Vraag: “Ons huur nou al vir ʼn paar jaar ʼn huis. Ek en my vrou het heelwat verbeterings aan die huis en tuin aangebring. Ek word nou verplaas en moet verhuis, maar wonder nou wat word van al die verbeterings aan die huurperseel. Mag ons dit saamneem of moet die verhuurder ons vergoed daarvoor?”   […]
Die beste wenke om jou huurdeposito terug te kry
Huurders in Suid-Afrika betaal tans enigiets tussen een en drie maande se huur as skadedeposito ─ maar is dikwels onseker van wat om te doen as hul huurkontrak verval. “Hoewel deposito’s dikwels gebruik word om huurwanbetaling of onbetaalde utiliteitsrekenings te dek, is hul hoofdoel om verhuurders teen skade aan die eiendom te dek,” sê Andrew […]
1 2 3 170