Hoeveel kos dit om jou selfoonkontrak te kanselleer?

Maandag, Augustus 8th, 2016

Is jy ontevrede met jou huidige diensverskaffer en dink daaraan om te kanselleer voor jou kontrak verval? In so ʼn geval sal jy gewoonlik ʼn vroeë kontrakkansellasiefooi (of beëindigingsfooi) moet betaal om uit jou kontrak te kom. Maar hoeveel sal dit jou kos?

 

  • Die kansellasiefooi wat jy sal betaal, is gegrond op ʼn aantal faktore, insluitend:
    • Hoeveel van jou kontrak oorbly;
    • Hoeveel jy maandeliks betaal;
    • Hoeveel die selfoon kos wat jy saam met jou kontrak ontvang het; en
    • in sommige gevalle, ʼn administrasie-fooi wat deur jou diensverskaffer gehef word.
  • Dikwels is die mees substansiële deel van hierdie berekening die terugbetaling van jou toestel. Byvoorbeeld, ons vind dat as Susan en Danie albei hulle kontrakte wil kanselleer met 12 maande wat nog oorbly, Susan ʼn gemiddeld van R2,757 meer as Danie sal betaal aangesien sy ʼn duurder foon ontvang het (sy was ook op ʼn duurder kontrak).
  • Gegrond op ons analise, het ons gevind dat Vodacom gewoonlik die duurste was as dit by kansellasiefooie kom (in drie uit vier gevalle), gevolg deur MTN, terwyl Cell C en Telkom gewoonlik die goedkoopste was.
  • Dit mag ooglopend lyk, maar jy sal baie minder betaal om jou kontrak te kanselleer namate jy nader aan jou kontrak se vervaldatum kom, soos gesien kan word aan hoeveel minder Tshepo sal hoef te betaal as die ander mense wat geanaliseer is.
  • Ons het ook gevind dat, ongeag jou omstandighede, dit nie goedkoop is om jou selfoonkontrak te beëindig nie. Tshepo, ons verbruiker met die minste maande wat op haar kontrak oorbly, moet steeds ʼn minimum van R3,300 of ’n maksimum van R4,852 betaal om haar kontrak te beëindig. Dineo, wat 18 maande op haar kontrak oor het, sal enigiets tussen R9,931 en R15,377 moet betaal!

 

Bron: Tariffic

 

Ander Artikels

Wie betaal vir die vervanging van ʼn meenthuis-uitlaatpyp?
Vraag: Gee asseblief raad oor wie verantwoordelik sou wees vir die vervanging van ʼn uitlaatpyp in die kombuis van ʼn eenheid as dit deurgeroes het en aan die buitekant van die eenheid afgebreek het.   Antwoord: Eienaars is verantwoordelik vir die herstel en onderhoud van hulle eenhede en die beheerliggaam het dieselfde verantwoordelikheid met betrekking […]
Tipes kontantbeleggings
VASTE DEPOSITOREKENING ʼn Vaste depositorekening is ʼn tipe spaarrekening waar jy jou kontant vir ʼn spesifieke tydperk deponeer in ruil vir ʼn vaste rentekoers, wat gewoonlik hoër is as een wat jy uit ʼn gewone bankrekening sou ontvang. Tipies vereis vaste depositorekenings dat fondse in die rekening gelaat word tot die vervaldatum, met moontlike boetes […]
Voertuigfinansiering verduidelik
Tensy jy ʼn rekenmeester is, is voertuigfinansiering gekompliseerd. Weet jy hoe finansieringsbepalings werk? Is dit ʼn goeie idee om ʼn residu te neem?  Wat van die rentekoers – moet jy dit vas of gekoppel neem? Ons het met WesBank gesels vir hierdie beginnersgids oor die finansiering van die motorvoertuig van jou drome! Bereken hoeveel jy […]
1 2 3 161