Hoeveel geld het jy nodig om ryk te wees?

Dinsdag, September 20th, 2016

Neal Frankle

 

As een van jou lewensdoelwitte is om ryk te wees, het ek uitstekende nuus vir jou. Jy hoef nie in geld te swem om welaf te wees nie. Hoegenaamd nie. En ek dink as jy eers die feite oorweeg het, sal jy saamstem. Kom ons kyk saam hierna.

 

Wat beteken om ryk te wees?

Eerstens moet ons regtig definieer wat “ryk” beteken. Persoonlik vind ek dit meer effektief om te kyk na hoe jy lewe eerder as na wat jy besit. Dit is omdat jy ryk kan lewe sonder om noodwendig stinkryk te wees. Met ander woorde, dit is belangriker om ryk te lewe as om rykdom te besit. Wat is die nut daarvan om hope geldnote in jou kelder te berg as jy dit nie geniet nie? As jy nie nou en dan ʼn ekstra-groot glas lemoensap bestel nie, wat is die punt?

Dit synde die geval, is die vraag: Hoeveel geld het jy nodig om ryk te kan lewe?

Die wonderlike ding van hierdie vraag is dat jy besluit wat die antwoord is. Ek ken mense wat ryk lewe op R50,000 per jaar. (Ek ken ook mense met groot inkomstes wat soos armlastiges lewe). Ek skat dat as jy die sommetjies maak jy sal sien dat jy baie minder benodig as wat jy dink.

 

Wat beteken dit regtig om ryk te lewe?

Ek praat elke dag die hele dag met mense oor geld. Ek doen dit al bykans 30 jaar. Hierdie ervaring sê vir my dat daar vier algemene drade is wat deur mense gedeel word wat ryk lewe:

  • Hulle lewe onder hulle inkomste.
  • Hulle dra geen verbruikerskuld nie.
  • Hulle geniet hoe hulle die grootste deel van hulle dag deurbring.
  • Hulle besef dat hulle die mag besit om veranderings in hulle lewens te maak. Hoeveel geld het jy nodig om ryk te wees?

Die eerste twee temas is byna vanselfsprekend. Om ryk te lewe, roep beelde op van mense wat gelukkig is. Dit baie makliker om in die wolke te leef as jy nie reuse skuld het om af te betaal nie en as jy elke maand geld spaar. Dit verlig ʼn groot gedeelte van die druk. Kom ons kyk na die ander twee punte.

Mense wat ryk lewe, vind altyd ’n manier om te geniet wat hulle doen en/of om te doen wat hulle geniet. Daar is geen manier waarop jy ʼn wonderlike lewe kan hê as jy die grootste deel van jou dag daaraan bestee om iets te doen wat jy haat nie. Dit is waar, maak nie saak hoeveel jou betaal word nie.

Maar hier is die goeie nuus. Dit is gewoonlik nogal maklik om ʼn manier te vind om te geniet wat jy doen, ongeag wat dit is. Jy hoef nie die volgende Steve Jobs te wees of ʼn geneesmiddel vir kanker te vind om nuttig, produktief en trots op jouself te voel nie.

Die laaste bestanddeel is nogal ʼn turksvy. Ek het gesê jy moet ʼn bewustheid en die mag hê om jou lewe te verander om ʼn ryk lewe te hê. Dit beteken vryheid. En daar steek baie in dié stelling as jy dit ontleed.

Die eerste gedeelte sê jy moet die mag hê om jou lewe te verander. Die tweede element is dat jy daarvan bewus moet wees dat jy oor hierdie mag beskik. Die meeste mense het wel hierdie mag – maar hulle is onwillig om dit te beoefen. Dit is omdat hulle nie gewillig is om die prys te betaal nie, gevolglik bly hulle onbewus. Hulle dink dat om ryk te lewe buite hulle bereik is en fnuik die blote gedagte daaraan. Ek verstaan dit maar dink steeds dit is ʼn groot jammerte.

Wat hou jou daarvan terug om jou lewe te herskep? Jou skuld? Spaargeld? Beroep? Al hierdie struikelblokke kan oorkom word met fokus, harde werk en ʼn bietjie tyd. Ek besef verandering maak mens bang, maar moet asseblief nie toelaat dat vrees in jou pad staan nie, my vriend.

Persoonlik het ek nog nooit iemand ontmoet wat in staat was om ryk te lewe wat hulle tevredenheid in die lewe gekoppel het aan die huis waarin hulle gewoon het, die kar wat hulle bestuur het, die pos wat hulle beklee het of die geld wat hulle besit het nie. Om ryk te lewe kom eintlik van binne. Natuurlik is dit nodig dat jy finansieel stabiel moet wees maar dis omtrent al. Sorg dat jy nie in die skuld beland nie. Outomatiseer jou spaargeld en vind ʼn manier om dit wat jy vir die grootste deel van die dag doen, te geniet.

 

Bron: Wealth Pilgrim

 

Ander Artikels

Wie betaal vir die vervanging van ʼn meenthuis-uitlaatpyp?
Vraag: Gee asseblief raad oor wie verantwoordelik sou wees vir die vervanging van ʼn uitlaatpyp in die kombuis van ʼn eenheid as dit deurgeroes het en aan die buitekant van die eenheid afgebreek het.   Antwoord: Eienaars is verantwoordelik vir die herstel en onderhoud van hulle eenhede en die beheerliggaam het dieselfde verantwoordelikheid met betrekking […]
Tipes kontantbeleggings
VASTE DEPOSITOREKENING ʼn Vaste depositorekening is ʼn tipe spaarrekening waar jy jou kontant vir ʼn spesifieke tydperk deponeer in ruil vir ʼn vaste rentekoers, wat gewoonlik hoër is as een wat jy uit ʼn gewone bankrekening sou ontvang. Tipies vereis vaste depositorekenings dat fondse in die rekening gelaat word tot die vervaldatum, met moontlike boetes […]
Voertuigfinansiering verduidelik
Tensy jy ʼn rekenmeester is, is voertuigfinansiering gekompliseerd. Weet jy hoe finansieringsbepalings werk? Is dit ʼn goeie idee om ʼn residu te neem?  Wat van die rentekoers – moet jy dit vas of gekoppel neem? Ons het met WesBank gesels vir hierdie beginnersgids oor die finansiering van die motorvoertuig van jou drome! Bereken hoeveel jy […]
1 2 3 161