Hoekom moet ek vooruitbetaalde elektrisiteit gebruik?

Dinsdag, Desember 13th, 2016

5 voordele van vooruitbetaalde elektrisiteit vir huurders:

  1. Jy kan die verleentheid van elektrisiteit wat afgesny word, vermy want vooruitbetaalmeters is maklik om te lees en moniteer en dit is maklik om te sien wanneer jy moet elektrisiteit koop.
  2. Begrotingvriendelik ─ geen verrassings op die elektrisiteitsrekening nie want jy weet presies hoeveel elektrisiteit jy elke maand gebruik. Dit kan jou ook help om jou begroting te rek vir ander belangrike goed soos die kinders se skoolgeld.
  3. Jy hoef jou nie te bekommer oor die elektrisiteitsdeposito wanneer jy in ʼn nuwe woonstel intrek nie.
  4. Jy kan bewyse by plaaslike winkels koop.
  5. Jou verhouding met die verhuurder sal nie skade ly as gevolg van elektrisiteitsrekenings nie.

 

5 voordele van vooruitbetaalde elektrisiteit vir verhuurders:

  1. Minder moeite om huurders te kry ─ met hoë lewenskoste kies huurders opsies wat begrotingvriendelik is.
  2. Geen lastige optogte na die stadsraad om verkeerde lesings op te los nie en ʼn gehardloop agter huurders aan wat nie elektrisiteitsrekenings betaal nie.
  3. Geen huurders wat elektrisiteitsrekenings oorslaan en ʼn geskarrel om dit op te los nie.
  4. Geen noodsaaklikheid vir maandelikse elektrisiteitverbruiksrekenings nie, wat tyd bespaar om aan ander dinge aandag te gee.
  5. Struwelings oor elektrisiteit is nie goed vir verhuurder-huurderverhoudings nie. Op dié wyse is daar ʼn beter kans om ʼn goeie verhouding met jou huurder te hê.

 

Bron: Theroomlink

 

  • Observer

    Hoe gemaak om dit te installeer ?

  • LCSZA

    Maar daar is ‘n beperking op mense in Krugersdorp as jy oor ‘n sekere hoeveelheid gebruik kwalifiseer jy nie vir so ‘n meter nie.

Ander Artikels

Belangrike belastingwenke vir 2017
Karen van der Berg     Daar is een ding wat jaar na jaar vas bly staan: Belasting moet betaal en bewyse daarvan moet ingedien word. Vir die meeste mense veroorsaak dit ʼn groot kopseer en slapelose nagte. Dit is egter nie nodig nie, sê Coba Boshoff, ʼn belastingkonsultant van die Paarl. “Daar is sekere […]
Die 2 soorte verkeersboetes
Sanette Viljoen       Dit is belangrik om te verstaan dat daar twee tipes verkeersboetes bestaan en ook om te weet wat is elkeen se risiko.   Artikel 341-boete Hierdie boete word uitgereik wanneer dit nie duidelik is wie die bestuurder van die motor is nie. Voorbeelde van hierdie boetes is ‘n parkeerkaartjie of […]
Deeltitel: Geiser-instandhouding en aanspreeklikheid vir koste
Anton Kelly   Daar is iets onvermydelik in verband met die koste van geiser-instandhouding en –vervanging: die betrokke eienaar is aanspreeklik vir alles waarvoor die regspersoon se versekering nie betaal nie! Dit help as mens die bepalings verstaan wat hierdie “geen wegkruipplek”-situasie skep. In die meeste moderne residensiële skemas is die geiser in die eenheid […]
1 2 3 139