Hoekom jy jou huis in die winter moet verkoop

Vrydag, Junie 17th, 2016

As dit by huisverkoop kom, aanvaar baie mense dat die winter die slegs moontlike tyd is om die mark te betree. Op stuk van sake, die dae is kort en koud, tuine sukkel, en klammigheid kan ’n probleem wees – dis vanselfsprekend dat die meeste huise nie so goed sal lyk as in warmer seisoene nie.

 

Tony Clarke, besturende direkteur van Rawson Eiendomsgroep, sê egter dat, in teenstelling met die algemene opvatting, kan die winter eintlik ’n uitstekende tyd wees om ’n huis te verkoop.

 

“Wanneer jy ’n huis verkoop, ding jy mee met ander huise wat op dieselfde tyd vertoon word, en nie met ander huise wat in ’n warmer, droër seisoen vertoon word nie. Kopers koop ’n eiendom na vergelyking, ongeag die seisoen, en hoewel jou huis dalk nie so aanloklik lyk soos in die somer nie, hoef dit net aanlokliker te lyk as ander eiendomme ten einde goed verkoop te word,” verduidelik Clarke.

 

“Die goeie ding in daardie opsig is dat daar in die winter baie minder kompetisie is en dit dus baie makliker is om jou huis as die aantreklikste opsie te posisioneer – veral as jy gewillig is om ’n bietjie ekstra moeite op skoudae te doen.”

 

Jy vra dalk of kopers nie in die winter ophou soek na eiendom nie? Neem die aanvraag nie dramaties af in die kouer maande nie, met pryse wat dienooreenkomstig val?

 

“Daar is definitief minder loerkopers,” gee Clarke toe, ”omdat mense minder geneig sal wees om vir die pret skouhuise te besoek as dit koud en reënerig is, maar dit kan in jou guns tel omdat dié wat wel kom, byna verseker ernstige kopers is. Dit kan eintlik baie slim wees om in die winter huis te soek,” voeg hy by, “omdat, as jy van ’n huis hou as dit koud en donker is, jy waarskynlik gek gaan wees daarna as dit helder en sonnig is. En jy sal presies weet hoe gerieflik dit in die winter is.”

 

Clarke verdryf gou die algemeen aanvaarde mite dat eiendomme in die winter laer pryse haal as in die somer. “Verkooppryse het baie meer te doen met aanvraag, beskikbaarheid en met hoeveel herstel- en opknapwerk die huis dalk nodig het as met die seisoen waartydens jy verkoop,” sê hy. “Trouens, daar is internasionale studies wat toon dat eiendomme wat in die winter in die mark is vinniger verkoop word – en teen hoër pryse – as soortgelyke huise in die somer.”

 

Om jou huis in die winter op sy beste te vertoon en doeltreffend met ander eiendomme mee te ding, beveel Clarke ’n paar eenvoudige kunsies aan om ’n warm en aanloklike omgewing te skep.

 

“Maak al die gordyne en blindings oop, sit ’n lig of twee in elke vertrek aan – ’n helder huis is ’n vrolike huis en in die winter tel dit twee maal meer. Om ’n verwarmer aan te sit of ’n vuur aan te steek om die koue uit die lug te haal, help ook, net soos skoon en netjiese ruimtes met ’n paar blompotte met vars blomme hier en daar om lewe en kleur by te voeg. Onthou om vars handdoeke in die badkamers te sit, om klam en muf reuke te vermy en om skimmel op die bry tussen die teëls en op mure en plafonne skoon te maak.”

 

Versover dit tuine betref, stel Clarke voor dat mens ’n paar weke of maande voordat jy wil verkoop blomme plant wat in die winter blom of ’n paar potte met blomme op strategiese plekke sit as jy nie tyd het om voor te berei nie. “Dit is ook belangrik om die gras en heinings netjies te hou en alle dooie blare bymekaar te hark,” sê hy.

 

Ander Artikels

Kry só die beste agent as jy huis verkoop
Vir baie van ons gaan die verkoop van ’n eiendom gepaard met hoë vlakke van angstigheid en onheil. So, waar kry mens iemand wat jy kan vertrou om jou deur die gevare en slaggate van die verkoopstransaksie te stuur? Volgens die Rawson Eiendomme is daar ’n paar belangrike goed om na op te let.   […]
Inkopies kan terapeuties wees
Dit is al gesê dat om op ʼn inkopie-tog te gaan negatief konnotasies het. Onder andere word materialisme en selfbevrediging voorgehou as redes om nie te koop nie. Om te koop en loerkoop (“window-shopping”) kan egter terapeuties wees, help jou om verandering te hanteer en verbeter jou bui. Moenie inkopie-terapie sommer afmaak as iets ligsinnig […]
Ken jou regte as ʼn deeltiteleienaar
Om in ʼn deeltitelkompleks te bly, het baie voordele. Dit kan egter minder aangenaam wees om te bly in ʼn kompleks wat deur andere bestuur word, veral as die voorsitter van die regspersoon hom of haar verbeel dat hy of sy meer magte as enigeen van die ander inwoners het. Laat ons dit duidelik stel: […]
1 2 3 160