Hoekom huispryse in Mei vinniger gegroei het

Woensdag, Junie 1st, 2016

Eugene Brink

 

 

Hoër algemene inflasie is waarskynlik agter die effens vinniger huisprysgroei in Mei.

John Loos, eiendomsontleder by ENB, sê die ENB Huisprysindeks het in Mei ’n groeikoers van 7.4% op ’n jaargrondslag aangeteken, wat effens vinniger is as die 7.0% hersiene koers van die vorige maand. “In reële terme – aangepas vir Verbruikersprysinflasie – is die koers egter nie te ver van die nulvlak af nie. Die reële groeikoers was 0.7% op ’n jaargrondslag in April en dus effens hoë as die 0.3% in die vorige maand.”

“Hoër nominale huisprysinflasie kan deels toegeskryf word aan die vertraagde uitwerking van die skuif na ’n hoër inflasie-omgewing regoor die ekonomie oor die laaste jaar.”

Loos sê terwyl die aanvraag nie skouspelagtig sedert die 2008/’09 resessie is nie, kom voorraadtekorte wyd voor en die bou van nuwe huise bly bedeesd. Dit dra by tot die markbalans wat nou heers.”

Afgesien van die inflasionêre aspek, noem Loos twee ander moontlike, en dalk ietwat verrassende, redes vir die hoër huisprysgroei in Mei. “Ons glo dat die versnelling ook toegeskryf kan word aan ’n effens beter ekonomiese omgewing wat tydens 2016 se tweede kwartaal posgevat het na ’n treurige eerste kwartaal.

“Ons glo ook dat ’n deurslaggewende bydraende faktor in die Nasionale Huisprysindeks se groeikoers die sterk vertoning deur die Wes-Kaapse streek se huismark is. Die ENB Wes-Kaapse Huisprysindeks het ’n groeikoers van 12% op ’n jaargrondslag tydens die eerste kwartaal aangeteken. Vergeleke hiermee was die ander streke heelwat stadiger. Die Oos-Kaap het 7.6% aangeteken, KwaZulu-Natal 5.6%, Gauteng slegs 3% en die ander vyf kleiner provinsies slegs 1.7%.”

 

Ander Artikels

Kry só die beste agent as jy huis verkoop
Vir baie van ons gaan die verkoop van ’n eiendom gepaard met hoë vlakke van angstigheid en onheil. So, waar kry mens iemand wat jy kan vertrou om jou deur die gevare en slaggate van die verkoopstransaksie te stuur? Volgens die Rawson Eiendomme is daar ’n paar belangrike goed om na op te let.   […]
Inkopies kan terapeuties wees
Dit is al gesê dat om op ʼn inkopie-tog te gaan negatief konnotasies het. Onder andere word materialisme en selfbevrediging voorgehou as redes om nie te koop nie. Om te koop en loerkoop (“window-shopping”) kan egter terapeuties wees, help jou om verandering te hanteer en verbeter jou bui. Moenie inkopie-terapie sommer afmaak as iets ligsinnig […]
Ken jou regte as ʼn deeltiteleienaar
Om in ʼn deeltitelkompleks te bly, het baie voordele. Dit kan egter minder aangenaam wees om te bly in ʼn kompleks wat deur andere bestuur word, veral as die voorsitter van die regspersoon hom of haar verbeel dat hy of sy meer magte as enigeen van die ander inwoners het. Laat ons dit duidelik stel: […]
1 2 3 160