Hoe stel kredietburo’s jou kredietverslag op?

Vrydag, Desember 2nd, 2016

In Suid-Afrika is daar vier groot kredietburo’s: TransUnion, Experian, Compuscan en XDS.

Hierdie vier buro’s kompeteer met mekaar om die kredietgeskiedenis van die meeste Suid-Afrikaanse verbruikers vas te lê, op te dateer en te stoor.

Alhoewel meeste van die inligting wat deur die vier kredietburo’s ingesamel word dieselfde is, is daar tog verskille hier en daar. Byvoorbeeld, een kredietburo kan unieke inligting oor ’n verbruiker hê, wat nie deur een van die ander drie vasgelê is nie; of dieselfde data-element kan van buro tot buro verskillend gestoor of vertoon word.

Die kredietverslaggewingsmaatskappye dateer jou kredietverslag op soos wat hulle nuwe inligting van krediteure en leners ontvang. Jou kredietrekord verander op grond van op jou finansiële bedrywighede. Deur jou krediet goed te bestuur en ’n goeie kredietgeskiedenis te handhaaf, kan beter tariewe op groot aankope beding word.

Hier is ’n paar wenke om te help verseker dat jou kredietverslag in ’n gunstige lig gesien word: gaan jou kredietrekord gereeld na, betaal jou rekeninge betyds, verseker dat jou kredietkaarte se balans onder hul limiete bly.

 

Bron: TransUnion

Ander Artikels

Afdwing van verbruikersregte deur die howe: Gebruik eers ander remedies
Justine Krige   Artikel 69 van die Wet op Verbruikersbeskerming (Wet 68 van 2008 [CPA]) sit ʼn verskeidenheid statutêre remedies uiteen vir die afdwing van verbruikersregte ingevolge die CPA. Dit sluit in die indien van ʼn klagte by die Nasionale Verbruikerskommissie (Kommissie), die verwysing van ʼn dispuut na die Verbruikerstribunaal (Tribunaal), of om ʼn bedryfsombudsman […]
Wie mag waar parkeer in ʼn meenthuiskompleks?
Vraag: “In die deeltitelskema waar ek woon is daar ʼn konstante gebaklei en gestry oor wie waar mag parkeer en wie verantwoordelik is vir die instandhouding van parkeerplekke. My vraag is: wie besluit watter dele van die skema vir parkeerplekke toegeken word, wie dit mag gebruik en wie dit moet in stand hou?” Antwoord: Wat […]
Moenie vanjaar val vir hierdie belastingslenters nie
Lede van die publiek ontvang dikwels ewekansig vals e-posse wat nagemaak is om te lyk asof hulle deur die SAID gestuur is, maar wat in der waarheid vals e-posse is wat daarop gemik is om niksvermoedende belastingbetalers uit te lok om persoonlike inligting, soos bankrekeningbesonderhede, te onthul. Voorbeelde sluit in e-posse wat skyn afkomstig te […]
1 2 3 150