Hoe pessimisme jou finansies kan verbeter

Vrydag, Februarie 10th, 2017

Emily Guy Birken

 

Ek is geneig om ʼn baie optimistiese persoon te wees. Ek vertrou dat mense meesal goed is, dat die wêreld eintlik ʼn goeie plek is, en dat die lewe oor die algemeen ʼn beter plek sal word.

Die een groot uitsondering op my optimisme is my houding jeens finansies. Ek beplan altyd vir die ergste as dit by geld kom en ek is nogal trots op my paranoia.

En dit wil lyk asof my pessimistiese beskouing oor geld vir sommige van my beste finansiële keuses verantwoordelik was. Dit is omdat optimisme en positiewe denke jou op ʼn dwaalspoor kan lei as dit by jou finansiële doelwitte kom.

 

Hoekom optimisme kan boemerang

Volgens ʼn studie deur Heather Barry Kappes en Gabriele Oettingen is dit minder waarskynlik dat jy jou verlangde toekoms sal verwesenlik as jy daaroor droom. Dit is omdat jou fantasietoekoms kortkom aan die struikelblokke, frustrasies, terugslae en moeite wat nodig is om dit in die regte wêreld te laat gebeur. Dit is dus meer waarskynlik dat jy sal tou opgooi voordat jy by enigeen van daardie struikelblokke uitkom.

Daarbenewens kan dit ook boemerang as jy mense van jou groot finansiële doelwitte vertel. Die loopbaanafrigter Shana Montesol sê “as ons iemand vertel dat ons iets groots gaan doen … laat die lof en positiewe reaksie van ons gehoor ons in ʼn mate voel hoe dit sal wees as ons reeds hierdie dinge te bereik het … en ons is dus minder gemotiveer om regtig hierdie doelwitte na te streef  “.

So, weg met die positiewe denke oor jou geld. Omhels jou pessimisme want dit kan jou finansies op baie maniere aanhelp.

 

  1. Finansiële pessimisme laat jou geld spaar

As jy uitgaan van die standpunt dat niks ooit verkeerd kan loop nie, sal dit nie by jou opkom om vir die dag van nood te spaar nie. ʼn Pessimistiese beskouing dat jy dalk jou werk kan verloor (of dat jou kar duur herstelwerk kan nodig kry of dat jy kan siek word), spoor jou aan om geld te spaar sodat jy voorbereid kan wees op sulke gebeurlikhede. Optimiste beland dikwels onvoorbereid in sulke situasies omdat hulle so op die droom gefokus was.

Om te dink aan die ergste wat op jou huidige pad kan verkeerd loop, lyk dalk na ʼn goeie manier om jouself te ontmoedig om daardie pad te volg, maar as jy die tyd sou neem om regtig te dink oor wat kan gebeur as X, Y of Z in jou plan verkeerd loop, sal dit jou die nodige raamwerk gee om sulke probleme te hanteer. Teen die tyd dat die probleem opduik, het jy reeds ʼn oplossing uitgedink en jy is in ʼn beter posisie om dit op te los.

 

  1. Finansiële pessimiste erken hul eie finansiële swak plekke

Finansiële optimiste is nie net optimisties oor die afwesigheid van toekomstige noodsituasies nie ─ hulle is ook optimisties oor hulle vermoë om probleme te hanteer. Dit is ʼn simptoom van die kognitiewe vooroordeel wat as terughoudende vooroordeel bekend staan. (ʼn Kognitiewe vooroordeel is ʼn fout in logiese denke wat baie moeilik is vir mense om in hulself raak te sien.)

Met die terughoudende vooroordeel is mense geneigd om hul eie impulsbeheer ernstig te oorskat. Ons is almal geneigd om te glo dat ons meer selfbeheersing as wat realisties is aan die dag sal kan lê as ons voor versoeking te staan kom. Die terughoudende vooroordeel is die kenmerk van finansiële optimisme. So ʼn optimis dink dalk “ek sal hierdie maand minder spandeer en die besparing aan die einde van die maand in die bank sit”.

Dit is egter meer waarskynlik dat die optimis aan die einde van die maand die surplus gaan gebruik om vir goed gaan betaal. Die pessimis, aan die ander kant, het aan die begin van die maand sy spaargeld opsy gesit omdat hy weet dat hy nie met geld in sy tjekrekening vertrou kan word nie.

 

Bron: Wisebread

Ander Artikels

Wie betaal vir die vervanging van ʼn meenthuis-uitlaatpyp?
Vraag: Gee asseblief raad oor wie verantwoordelik sou wees vir die vervanging van ʼn uitlaatpyp in die kombuis van ʼn eenheid as dit deurgeroes het en aan die buitekant van die eenheid afgebreek het.   Antwoord: Eienaars is verantwoordelik vir die herstel en onderhoud van hulle eenhede en die beheerliggaam het dieselfde verantwoordelikheid met betrekking […]
Tipes kontantbeleggings
VASTE DEPOSITOREKENING ʼn Vaste depositorekening is ʼn tipe spaarrekening waar jy jou kontant vir ʼn spesifieke tydperk deponeer in ruil vir ʼn vaste rentekoers, wat gewoonlik hoër is as een wat jy uit ʼn gewone bankrekening sou ontvang. Tipies vereis vaste depositorekenings dat fondse in die rekening gelaat word tot die vervaldatum, met moontlike boetes […]
Voertuigfinansiering verduidelik
Tensy jy ʼn rekenmeester is, is voertuigfinansiering gekompliseerd. Weet jy hoe finansieringsbepalings werk? Is dit ʼn goeie idee om ʼn residu te neem?  Wat van die rentekoers – moet jy dit vas of gekoppel neem? Ons het met WesBank gesels vir hierdie beginnersgids oor die finansiering van die motorvoertuig van jou drome! Bereken hoeveel jy […]
1 2 3 161