Hoe om te voorkom dat jou geiser bars

Vrydag, Julie 22nd, 2016

Wanneer dit kom by geisers wat bars, is voorkoming beslis beter as genesing.

So hier volg ons maklik om te onthou wenke om jou geiser langer in een stuk te hou:

  1. Onthou jou geiser sal meer geneig wees om te bars as die kleppe of termostaat defektief is, so laat jou geiser deur ʼn gekwalifiseerde loodgieter assesseer (veral voor die winter wanneer die kans dat jou geiser sal bars groter is).
  2. Hou jou geiser knus in die kouer maande deur dit in ʼn geiserkombers toe te wikkel om hitteverlies te verminder. Die temperatuur van die water binne-in die tenk sal ook meer bestendig wees. As ʼn bonus sal jou elektrisiteitsrekening laer wees, want jou geiser sal nie so hard werk om die watertemperatuur konstant te hou nie.
  3. Installeer ʼn drupbak onder jou geiser, en maak seker dat die uitlaatpyp van die drupbak die meeste van die water sal wegvoer as jou geiser bars. Dit sal help om die aantal besittings wat beskadig word te beperk, sou die ergste gebeur.
  4. Laat jou geiser elke drie jaar diens deur ʼn gekwalifiseerde loodgieter. Dit sal die volgende behels:
  • Gaan al die dele van jou geiser na
  • Gaan die tenk en kleppe na vir lekke
  • Verwyder kalkketelsteen en slyk uit die tenk en van die element af
  • Gaan na of die termostaat reg funksioneer
  • Maak seker die termostaat is nie te hoog gestel nie (dit behoort nie hoër as 60ºC te wees nie).

 

Jy kan natuurlik al hierdie dinge doen en steeds opeindig met ʼn tsunami in jou huis. So maak seker dat jou geisers gedek is met ʼn gebouversekeringspolis.

Hou ook in gedagte dat as jou geiser sou besluit om die gees te gee, dit sommige van jou besittings ook mag vernietig, so maak seker jy verseker jou meubels, elektroniese toerusting, boeke en klere ens. met ʼn huisinhoudversekeringspolis.

 

Bron: King Price Versekering

 

 

Ander Artikels

Wie betaal vir die vervanging van ʼn meenthuis-uitlaatpyp?
Vraag: Gee asseblief raad oor wie verantwoordelik sou wees vir die vervanging van ʼn uitlaatpyp in die kombuis van ʼn eenheid as dit deurgeroes het en aan die buitekant van die eenheid afgebreek het.   Antwoord: Eienaars is verantwoordelik vir die herstel en onderhoud van hulle eenhede en die beheerliggaam het dieselfde verantwoordelikheid met betrekking […]
Tipes kontantbeleggings
VASTE DEPOSITOREKENING ʼn Vaste depositorekening is ʼn tipe spaarrekening waar jy jou kontant vir ʼn spesifieke tydperk deponeer in ruil vir ʼn vaste rentekoers, wat gewoonlik hoër is as een wat jy uit ʼn gewone bankrekening sou ontvang. Tipies vereis vaste depositorekenings dat fondse in die rekening gelaat word tot die vervaldatum, met moontlike boetes […]
Voertuigfinansiering verduidelik
Tensy jy ʼn rekenmeester is, is voertuigfinansiering gekompliseerd. Weet jy hoe finansieringsbepalings werk? Is dit ʼn goeie idee om ʼn residu te neem?  Wat van die rentekoers – moet jy dit vas of gekoppel neem? Ons het met WesBank gesels vir hierdie beginnersgids oor die finansiering van die motorvoertuig van jou drome! Bereken hoeveel jy […]
1 2 3 161