Hoe om ‘n selfoondiensverskaffer en -kontrak te kies

Donderdag, Maart 17th, 2016

Nico Strydom

 

Om die kostedoeltreffendste selfoondiensverskaffer en tipe kontrak te kies, is moeilik en kan baie geld kos.

Suid-Afrika het vyf mobiele operateurs, te wete Cell C, MTN, Vodacom, Telkom Mobile en Virgin Mobile. Volgens Vodacom se jongste jaarverslag (vir die jaar geëindig 31 Maart 2015) het hy 32,1 miljoen aktiewe intekenaars. MTN se tussentydse resultate (vir die tydperk geëindig 30 Junie 2015 dui aan dat hy 28,5 miljoen intekenaars het. Volgens Telkom se jaarverslag (vir die jaar geëindig 31 Maart 2015) het hy 2,1 miljoen intekenaars. Daar word nie van Cell C en Virgin Mobile vereis om intekenaargetalle in jaarverslae te publiseer nie. Volgens ‘n persvrystelling deur Cell C in Februarie 2015 het hy 19,6 miljoen kliënte terwyl Virgin Mobile aangedui het dat hy sy getal intekenaars teen 2017 tot 1 miljoen wil vermeerder. Volgens Research ICT Africa is Virgin Mobile die eerste en enigste operateur van ’n virtuele mobiele netwerk (MVNO) in Suid-Afrika, “Oor die afgelope jaar en ‘n half het die getal MVNO’s gegroei, met duidelike aktiwiteit en kompleksiteit in die reeks produkte en dienste wat hulle verbruikers bied.”

 

Faktore om met ‘n diensverskaffer in ag te neem

 

Netwerkdekking

Vind uit of daar goeie dekking (ontvangs) in jou area is. Die meeste diensverskaffers gee ‘n gedetailleerde kaart van hul netwerkdekking op hul webwerwe.

 

Koste

Vergelyk die verskillende diensverskaffers se koste. Alle diensverskaffers hef sekere bedrae vir sekere dienste, soos oproepe, teksboodskappe, data, diensgelde, ens. Vergelyk die koste van die verskillende diensverskaffers deur veral te kyk na die verskillende opsies, soos oproepe op spesifieke tye (spits en nie-spits), en oproepe na ander netwerke of spesifieke plekke. Kyk in die geval van data ook na die verskillende databundelopsies wat beskikbaar is., met inbegrip van buite-bondel-tariewe, heffings vir gebruik op sekere tye en wanneer en vir hoe lank die databondels geldig is.

 

Diensgehalte

Doen ‘n aanlyn ondersoek oor hoe die diensverskaffer se diens aangeslaan word. Vind ook by kollegas, familie en vriende uit oor hule ondervindings.

 

Kies ‘n kontrak/betalingsopsies

As jy vir die eerste keer ‘n kontrak of SIM-kaart kry, sal dit wys wees om die verskillende diensverskaffers se opsies te vergelyk. Kyk na watter dienste jy die meeste gaan bebruik – spraak of data. Jy kan dan kyk na wat die verskillende diensverskaffers vir spraak- of dataverbruik vra. Jy kan dan ook besluit op ‘n kontrak of vooruitbetaling.

Indien jy reeds ‘n intekenaar is en jy will jou kontrak hernuwe of ‘n nuwe kontrak uitneem, kry gedetailleerde kopieë van jou rekeninge vir die laaste paar maande. Werk dan uit waaraan jy geld bestee. Maak jy baie oproepe en wanneer maak jy hierdie oproepe? As jy byvoorbeeld baie oproepe gedurende die dag maak, sal jy nie voordeel trek uit ‘n kontrak wat vir jou net buite-spits-oproeptydminute gee nie. Gebruik jy baie data en hoeveel data is by jou pakket ingesluit?

‘n Ander belangrike aspek is die handstuk wat jy gaan gebruik. Handstukke kan baie duur wees en die meeste kontrakte het ‘n opsie waarvolgens ‘n handstuk sonder ‘n eenmalige kontantbetaling ingesluit word. Waarvoor gaan jy die handstuk gebruik? As jy byvoorbeeld ‘n duur handstuk sonder ‘n bybetaling wil gebruik en slegs ‘n maandelikse bedrag wil betaal wat by die kontrak ingesluit is, sal jy ‘n baie duurder kontrak moet kies. As jy reeds ‘n handstuk het, is daar baie meer opsies vir goedkoper kontrakte.

Volgens navorsing is mobiele dienste in Suid-Afrika van die duurstes ter wêreld. In 2014 het die Onafhanklike Kommunikasieowerheid van Suid-Afrika (Icasa) mobiele afsluittariewe (MTR) – die bedrag wat een netwerk ‘n ander betaal om ‘n oproep op die ander netwerk af te sluit – met die helfte verminder.

Icasa het ook onlangs verhore gehou in verband met die hersiening van die konsepregulasies betreffende die eindgebruiker- en intekenaardienshandves. Die doel van die konsepregulasies is om strenger reëls in te stel rakende die inligting wat by die kontrakteerpunt aan verbruikers gegee moet word en oor promosies; om parameters te versterk vir die verbetering van die gehalte diens wat aan eindgebruikers gebied word; om reëls en raamwerke vir datadebitering in te stel; om inligting- en debiteervereistes in te stel vir huurders wat internasionaal swerf; en om ‘n nuwe boeteregime in te stel wat niemonetêre boetes insluit.

 

Bronne: Icasa, MyBroadband, Vodacom, MTN, Cell C, Telkom, Virgin Mobile, Department of Communication.

 

Ander Artikels

Afdwing van verbruikersregte deur die howe: Gebruik eers ander remedies
Justine Krige   Artikel 69 van die Wet op Verbruikersbeskerming (Wet 68 van 2008 [CPA]) sit ʼn verskeidenheid statutêre remedies uiteen vir die afdwing van verbruikersregte ingevolge die CPA. Dit sluit in die indien van ʼn klagte by die Nasionale Verbruikerskommissie (Kommissie), die verwysing van ʼn dispuut na die Verbruikerstribunaal (Tribunaal), of om ʼn bedryfsombudsman […]
Wie mag waar parkeer in ʼn meenthuiskompleks?
Vraag: “In die deeltitelskema waar ek woon is daar ʼn konstante gebaklei en gestry oor wie waar mag parkeer en wie verantwoordelik is vir die instandhouding van parkeerplekke. My vraag is: wie besluit watter dele van die skema vir parkeerplekke toegeken word, wie dit mag gebruik en wie dit moet in stand hou?” Antwoord: Wat […]
Moenie vanjaar val vir hierdie belastingslenters nie
Lede van die publiek ontvang dikwels ewekansig vals e-posse wat nagemaak is om te lyk asof hulle deur die SAID gestuur is, maar wat in der waarheid vals e-posse is wat daarop gemik is om niksvermoedende belastingbetalers uit te lok om persoonlike inligting, soos bankrekeningbesonderhede, te onthul. Voorbeelde sluit in e-posse wat skyn afkomstig te […]
1 2 3 150