Hoe om met jou kinders oor geldbestuur te praat

Vrydag, Oktober 14th, 2016

Anja van den Berg

 

Kinders word voortdurend blootgestel aan materiële goedere en finansiële transaksies, en sonder ʼn behoorlike verduideliking van die basiese beginsels, kan hulle groot word sonder ʼn duidelike begrip van die waarde van geld en hoe om dit te gebruik.

As jy nie met jou kinders oor geld praat nie, sal iemand anders dit doen, en jy mag dalk nie van die boodskap hou nie. Geld is mag en is geneig om ʼn uitlokkende tema vir kinders te wees om jou daarvan te hoor praat – en waarna hulle werklik sal luister.

Volgens smartaboutmoney.org, ʼn nie-winsgewende program vir finansiële opvoeding, is dit noodsaaklik dat ouers fokus op die praktiese sy van persoonlike finansiële bestuur deur werklike lewensituasies te bespreek wat kinders kan verwag om in betrokke te wees. Ouers moet ook ouderdomgepaste benadering begryp om hulle kinders oor besteding, besparing en geldbestuur te leer:

Die program bied die volgende ouderdomgepaste wenke vir ouers:

 

Ouderdomme 2 – 4:

 

  • Stel jou kinders bekend aan muntstukke; help hulle om die muntstukke volgens soort te sorteer en verduidelik die konsep van gelykheid (bv. twee vyf-randmuntstukke is gelyk aan 10 rand. 10 rand kan aangebied word in muntstukke of as ʼn enkele banknoot, ens.).

 

  • Moenie hulle ʼn spaarvarkie gee nie. In plaas daarvan, gee hulle ʼn deurskynende spaarbottel en moedig hulle aan om dit te gebruik. Op hierdie wyse kan hulle die geld sien akkumuleer en ʼn visuele herinnering hê van hulle spaargeld.

 

  • Speel “winkel” met jou kind, deur kleingeld uit die spaarbottel en uit jou eie beursie te gebruik. Neem die rol aan van die kliënt terwyl jou kind die kassier is. Ruil dan rolle om.

 

Ouderdomme 5 – 7:

 

  • Namate jou kinders skool-ouderdom bereik, laat hulle geld op ʼn gereelde basis hanteer sodat hulle gemaklik met geld word. Afhangende van jou omstandighede, kan jy oorweeg om ʼn klein toelaag te voorsien.

 

  • Stel ʼn vaste toelaagbedrag vas. Oorweeg ʼn realistiese maar ouderdomgepaste finansiële plan.

 

  • Bepaal of jou kind die toelaag sal moet verdien. Verwag jy dat jou kind elke week ʼn paar klein takies moet verrig vir die toelaag, of sal daardie huishoudelike takies apart gehou word?

 

  • Stel verwagtings. Wees duidelik oor wat jou kind uit die toelaag sal moet betaal, soos snoeperye, uitstappies, fliekkaartjies, ens.

 

  • Wees konsekwent met reëls en betaal die toelaag op dieselfde dag elke week.
  • Laat jou kinders uit hulle foute leer. As jou kind verkies om die hele toelaag uit te gee op die dag wat hy of sy dit ontvang, wys op die gevolge van die besluit maar moenie toegee en kompenseer deur meer by hulle toelaag te voeg nie.

 

  • Gebruik die toelaag as ʼn implement om hulle oor geldbestuur te leer, nie as ʼn metode van straf of beloning nie.

 

  • Begin om die konsep van krediet- en debietkaarte te bespreek. Jou kind het sekerlik al waargeneem hoe jy kontant by die OTM trek of kredietkaarte vir aankope gebruik. Help jou kind om die konneksie te maak dat hierdie kaarte geld verteenwoordig.

 

Volgens Geoff Weiss, skrywer vir Entrepreneur.com, is dit uiters belangrik om met jou kinders te praat oor die opstel van ʼn begroting en hoe om oor die lang- sowel as korttermyn te spaar. “Dit mag byvoorbeeld verstandig wees deur daarop te wys dat om kleiner aankope – soos roomys en fliekkaartjies – in toom te hou, op die lang duur groot beloning kan bring, soos om ʼn fiets of selfs ʼn nuwe motor te koop,” verduidelik hy.

 

Bronne:

 

Weiss, G. 2015. “Here’s How to Talk to Your Kids About Money Management”. Entrepreneur, http://www.entrepreneur.com/article/247499

 

Kurlander, G. 2015. “Opening Pandoras Box: 10 Rules for Talking to Kids About Money”. morganstanley.com, https://www.morganstanley.com/wealth/wealthplanning/pdfs/talktokidsaboutmoney.pdf

 

Smart About Money. 2015. “Talk to your kids about finances”. http://www.smartaboutmoney.org/Your-Money/Life-Transitions/Talk-to-Your-Kids-About-Finances

 

Ander Artikels

Afdwing van verbruikersregte deur die howe: Gebruik eers ander remedies
Justine Krige   Artikel 69 van die Wet op Verbruikersbeskerming (Wet 68 van 2008 [CPA]) sit ʼn verskeidenheid statutêre remedies uiteen vir die afdwing van verbruikersregte ingevolge die CPA. Dit sluit in die indien van ʼn klagte by die Nasionale Verbruikerskommissie (Kommissie), die verwysing van ʼn dispuut na die Verbruikerstribunaal (Tribunaal), of om ʼn bedryfsombudsman […]
Wie mag waar parkeer in ʼn meenthuiskompleks?
Vraag: “In die deeltitelskema waar ek woon is daar ʼn konstante gebaklei en gestry oor wie waar mag parkeer en wie verantwoordelik is vir die instandhouding van parkeerplekke. My vraag is: wie besluit watter dele van die skema vir parkeerplekke toegeken word, wie dit mag gebruik en wie dit moet in stand hou?” Antwoord: Wat […]
Moenie vanjaar val vir hierdie belastingslenters nie
Lede van die publiek ontvang dikwels ewekansig vals e-posse wat nagemaak is om te lyk asof hulle deur die SAID gestuur is, maar wat in der waarheid vals e-posse is wat daarop gemik is om niksvermoedende belastingbetalers uit te lok om persoonlike inligting, soos bankrekeningbesonderhede, te onthul. Voorbeelde sluit in e-posse wat skyn afkomstig te […]
1 2 3 150