Hoe om jou motorversekeringspremies te verminder

Vrydag, Augustus 12th, 2016

Die volwasse lewe is vol uitdagings ─ van verbande verstaan, tot die regte spaarrekening kies tot die bemeestering van die hoflike kopknik as iemand iets belaglik sê.

Motorversekeringspremies is op die lys grootmensgoed wat jy nie sommer net kan ignoreer nie. Dit is belangrik om jou teen moontlike teenspoed te verseker, maar die kuns is om dit slim te doen deur die laags moontlike premies te kry.

Die goeie nuus is dat daar maklike maniere is om die beste transaksie te kry:

 

1. Koop die regte kar

Ons wil almal die jongste Merc hê, maar dink net ’n bietjie daaroor na. Hoewel jy dalk die kar kan bekostig (gelukkige jy!), is die versekering egter ’n perd van ’n ander kleur. Dit is omdat die premies al hoe hoër word na gelang van die waarde en prys van die kar. Elke model het ook sy eie veiligheidsklassifikasie. Sportmotors word as ’n groter risiko beskou ten opsigte van diefstal en ongelukke ─ so, natuurlik kos dit meer om ’n stel wilde wiele te dek. Wees slim met die voertuig wat jy koop en jy kan verlaagde premies volhou.

 

2. Moenie soos ’n maniak bestuur nie

Dit klink dalk vanselfsprekend, maar dis een van die goed waaraan mense die minste dink. ’n Vlekkelose rekord sal in jou guns tel. Elke versekeringsmaatskappy het sy eie protokol ─ sommige gaan tot 3 jaar terug in jou geskiedenis, andere tot so ver as 5 jaar. As jy in ’n ongeluk betrokke was of kaartjies vir spoed en ander verkeersoortredings gekry het, kan jy as ’n risiko beskou word.

 

3. Verseker alles by een maatskappy

In plaas daarvan om verskillende maatskappye te kies om jou kar, huis en besittings te dek, stel ons voor dat jy by een hou. Sekere versekeringslojaliteitpolisse maak dit moontlik om jou premies te verlaag deur net een maatskappy vir al jou behoeftes te gebruik. Dit beteken ook minder papierwerk en beslommernis.

 

4. Vermy onnodige eise

Hoewel dit ’n versoeking is, probeer om nie te eis elke keer as jy jou kar krap nie. As dit nie baie gaan kos om die skade te herstel nie, betaal liewer self vir die herstelwerk. Op dié wyse lyk jy nie op die ou end onnodig na ’n hoërisiko-kliënt nie ─ wat laer paaiemente beteken.

 

5. Kies die perfekte plan

Jy moet altyd programme kies wat by jou leefstyl pas. Dit is natuurlik nie altyd wys om net die absolute minimum dekking te hê nie, veral as daar ’n ongeluk is. Maak net seker dat jy ’n versekeringsplan kies wat jou vir die meeste potensiële risiko’s dek. Op die lange duur sal ’n relatief goedkoop opsie duurder uitwerk as dit jou nie beskerm wanneer jy dit nodig het nie. ’n Bietjie dekking is beter as niks!

 

 

Bron: KingPrice Insurance

Ander Artikels

Skop vas en moenie onnodig koop nie
Anja van den Berg   Alles rakende jou supermark is bedoel om jou geld te laat bestee wat jy nie beplan het om te bestee nie, en selfs geld wat jy nie regtig hoef te bestee nie. Hoewel die meeste mense aan produkte dink in terme van die funksionele eienskappe daarvan – die instrumentele waarde […]
Agterbakse supermarktaktieke om jou onnodige goed te laat koop
Anja van den Berg   Het jy al ooit aanvaar dat iets ʼn winskoop is net omdat die prys in rooi geskryf is? Of besluit om daardie duur handsak of aktetas te koop omdat jy daarvan oortuig was dat jy dit verdien? Of ʼn hand vol ongesonde snoepgoed van die impulsrak gegryp terwyl jy toustaan […]
OTM-kaartruilslenters neem toe: Let op hiervoor!
Die Suid-Afrikaanse Bankrisiko-inligtingsentrum (Sabric) waarsku die publiek om op die uitkyk te wees te midde van die hoë voorkoms van OTM-kaartbedrog in die land. Die groep het gewaarsku dat daar weer ʼn “kaartruil”-skelmstreek in Suid-Afrika voorkom en ʼn uiteensetting van die betrokke skelms se modus operandi gegee om die publiek teen hul metodes te waarsku. […]
1 2 3 152